Kindervoetspore wat in die Karoo begin het ...
Monday, 31 December 2018
Wednesday, 26 December 2018
Die rooi reëngogga ...
Ek en Yvonne van der Walt in die 1936-Morris, terwyl Chris van der Walt die foto geneem het. |
Na ons troue het ons maar met dapper en stapper oor die weg gekom. Gelukkig was die openbare vervoer daardie tyd totaal anders as wat vandag die geval is en ons het baie van busvervoer gebruik gemaak.
Dis die jaar 1963.
Fairy Ferreira (dit was sy bynaam na aanleiding van sy van) was 'n jong man wat in dieselfde kantoor as ek gewerk het en hy wou daardie jaar trou. Maar hy het nie geld gehad vir die troue nie en besluit toe om sy kewertjie te verkoop. Hy vra toe maar vir almal in die kantoor of hulle nie belangstel of van iemand weet wat belangstel om sy rooi Volkswagen te koop nie. Omdat hy weet dat ek op daardie stadium nie 'n kar gehad nie, kom hy spesifiek na my toe en vra of ek nie belangstel nie. Alda was op daardie stadium 3 jaar oud en ek was te bang dat as ons 'n karpaaiement, saam met die huispaaiement het, sal ek dalk nie alles vir my kind kan bekostig wat nodig is nie.
En so het die rooi kewer (1957-model) in ons besit gekom en Fairy Ferreira het 'n heerlike troue gehad.
Ek het elke Saterdag hierdie kewer gewas en dan het ek gewone Kobra-politoer opgesit en met "elbow ghries" dit blink gevryf. Dan het ons vir die plesier 'n draaitjie in die dorp gaan ry. En feitlik sonder uitsondering het daar 'n reënbui op hierdie skoon karretjie uitgesak, sodat ons later na die kar as die rooi reëngogga verwys het.
Ons het die Volksie so Januarie 1963 gekoop en my vakansie was daardie Februarie. Ons het vir ons plek in Snyman se losieshuis in Oos-Londen bespreek. (Daardie jare was daar nie gastehuise nie, maar die geriewe was maar dieselfde - party losieshuise sou egter baie meer sterre gekry het as ander.) Ouderling Hawie wat in ons gemeente was, was net die vorige maand daar met vakansie en het net lof vir die plek gehad.)
Aanvanklik het ons gedink om met die Volksie see toe te gaan, maar omdat ons nie die nukke en grille van die tweedehandse motor geken het nie, het ons daarteen besluit en met die trein gegaan. Alda het haar 3de verjaardag in Oos-Londen gevier.
(Hierdie foto's is van die internet - makliker om in die hande te kry, as om deur ou albums te blaai om 'n foto te soek en dan te "scan". Daardie ou Volksie het nog 'n klein agterruitjie gehad.)
Monday, 24 December 2018
Saturday, 22 December 2018
Moenie te lank kuier nie ...
Name van my kleintyd wat heerlike herinneringe in die Murraysburg-distrik oproep is name soos Kapoksfontein, Swaelkrans, Hartebeesfontein, Noupoort, Spitskop en die Sneeuberge. Wat my die helderste voor gees staan, is die rondloop in die veld, die diere en die koppies in die omgewing wat ons uitgeklim het.
Ek het my oupa Jan leer ken, toe hulle reeds dorpenaars was. Hy het op die plaas Swaelkrans grootgeword. Maar ek het die plaas leer ken toe sy skoonseun, oom Alwyn van der Merwe saam met sy vrou, tannie Stompie, op die plaas Swaelkrans geboer het. Daar was meer as een tannie Stompie in ons familie, so ons het na haar verwys as tannie Stompie Swaelkrans.
Voordat 'n mens Swaelkrans se hek gekry het, was daar oom Willie Pienaar (my pa se neef) se plaas, Hartebeesfontein. As ons die rondte van Vader Cloete by die familie gemaak het, het ons eers by oom Willie-hulle gestop en daar gekuier. Daarna het ons by my pa se suster, tannie Stompie-hulle, gaan kuier. Ek onthou oom Alwyn en sy ongetroude broer, oom Bennie, wat op daardie stadium by hulle op die plaas gebly het, as baie vriendelik, bedagsaam en hulpvaardig. Ons het altyd heerlik daar gekuier en op pad terug De Aar toe, het ons net gou by Richmond gestop om by vriende van my pa te gaan kuier. Alhoewel my pa daarvan gehou het om by vriende en famlie te gaan kuier het, het my pa 'n beleid gehad om nie lank by mense te kuier nie. Hy het geglo dat hulle nooit moet wens dat jy moet ry nie.
Hierdie beleid kom van sy pa, my oupa Jan af: "Mense moet nog verlang na jou, dan moet jy al op pad wees." Dit is 'n siening wat ek my hele lewe deur gehandhaaf het.

Thursday, 13 December 2018
Heerlike heuning - die goue stroop van die veld
Deesdae is heuning 'n luuksheid en binnekort 'n "skaarsheid" as ek sien hoe die arme heuningby teen al die elemente om oorlewing moet veg. Geen maklike taak vir 'n by nie!
Ons het 'n laning turksvye aan die straatkant van die erf gehad en voor hierdie laning het drie byekorwe gestaan. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar daardie jare was die bye meer "mensvriendelik." My pa het nie die bye uitgerook of 'n beskermingspak aangetrek as hy die heuning gaan uithaal het nie. Slegs met 'n net oor sy gesig, het hy skottels vol heuningkoeke uitgehaal. En dan het hy die heuningkoeke in skottels gesit, sodat die heuning kon uittap.
Ek herinner my ook 'n keer dat hy by 'n reeks koppies naby die meent waar die diere bedags gewei het, heuning tussen die klippe uitgehaal. Dit was wilde bye en hy het geen probleme ondervind nie. As ek vandag terugdink met hoeveel gemak hy dit gedoen het, wonder ek hoekom vandag se bye so aggressief is?
Hierdie veldheuning het 'n besondere smaak gehad en vandag besef ek hoe bevoorreg ons was om die goue nektar daagliks op ons etenstafel te kon hê.

Oom Koos Boudjies van Murraysburg
Ons het baie vakansies by my oupas en oumas in Murraysburg gaan kuier. Daar was regtig baie om te doen. Hannes Venter, ons bure se seun op De Aar, het soms saam met ons gegaan, want sy laatlamsussie was meer as 15 jaar jonger as hy, as ek reg onthou. Dus was hy maar soos 'n enigste kind wat meer by ons was, as by sy eie huis.
My oupa-hulle het 'n hoekhuis in die hoofstraat gehad, 'n taamlike groot erf, want hy het ook 'n werkswinkel op dié erf gehad. In daardie jare was daar nog buitetoilette en dit was 'n hele ent van die huis af. Oom Koos Boudjies, met sy perdewa, was die man wat verantwoordelik was vir die "nagkar". Omdat ons nie in Murraysburg gebly het nie, maar net baie daar gekuier het, weet ek glad nie wat Koos Boudjies se van was nie. Die omie was kort en ek lei af dat dit aanleiding gegee het tot sy bynaam.
(Dalk was hy Koos Grové ...?)

Wednesday, 12 December 2018
Klein broer-beserings ...
As ek so terugdink aan my kinderjare, dan was ons regtig kreatief besig. Ons was aktiewe seuns wat moeg was aan die einde van 'n dag. Buiten tuinwerk (waarvoor ons aldrie lief was), ons talle diere wat ons moes versorg het en ander huishoudelike takies, moes ons ons tyd vir speel tot die maksimum gebruik het.
Ek onthou dat ons sulke blik vlieëspuite gehad het. Een dag het Piet die spuit geloop en swaai, en of hy water daarin gegooi het om 'n bietjie meer momentum te kry, kan ek nie onthou nie, ek weet net dat ek agter hom geloop het ... maar nie vir lank nie. Daardie spuit het my in een van die swaaibewegings teen my kop getref, dat die bloed geloop het.
My ma het die wond skoongemaak en die bloed gestop, diep dankbaar dat ek nie uitgeslaan is of harsingskudding opgedoen het nie. Vir baie lank het ek met die knop teen my kop geloop.
(Ek het 'n foto van so 'n vlieëspuit gegoogle, sodat my kleinkinders darem 'n idee het waarvan hulle oupa praat.)

Tuesday, 11 December 2018
"Kom ons gaan kuier vir my juffrou ..."
Vir ons as kinders was dit altyd snaaks as my pa sê dat ons vir sy juffrou moet gaan kuier ... In ons verwysingsraamwerk as laerskoolkinders gaan kuier 'n mens nie vir jou juffrou nie!
My pa was op Murraysburg op skool. Sy een juffrou was mev. Myburg, maar wat haar nooiensvan was, weet ek glad nie. My pa is in 1902 gebore, dus was hy seker gedurende 1908 - 1913 in die laerskool. Sy juffrou was getroud met 'n plaasboer in die omgewing van Hanover en baie jare later het hulle vriende geword. Ons het vir hulle op die plaas gaan kuier en hulle het weer op hulle beurt vir ons in De Aar kom kuier. Hulle het twee seuns en 'n dogter gehad, wat selfs nadat hulle klaar met skool was, vir ons kom kuier het. Hulle dogter is met 'n ene Van der Merwe van De Aar getroud. Ons het kontak met hulle verloor toe hulle Pretoria toe getrek het.
Een spesifieke kuier staan my nog helder voor gees. My oudste broer was nie baie lus vir die plaaskuier nie, maar in daardie jare het ouers nie met kinders onderhandel nie en moes hy teen wil en dank saam. Hy het egter 'n fiets in die hande gekry en die hele ent pad van Hanover tot in De Aar gery - hierdie 45 km was daardie jare grondpad! Dat dit 'n uitputtende rit moes gewees het, het hy egter nooit teenoor iemand erken nie!

Saturday, 8 December 2018
'n Tiener se onbeplande Desembervakansie ...
Almal beplan aan hulle Desembervakansie en kinders wonder hoe hulle hul vakansies gaan deurbring. Deesdae, so hoor ek maar, is kinders net op hulle slimfone, rekenaars en voor TV's. Daar word na skermtyd verwys en die voordele en nadele daarvan word in artikels, radioprogramme en TV-programme bespreek. Teen die tyd dat die geleerders antwoorde en uitsluitsel het, is 'n hele geslag kinders daardeur beïnvloed.
Ons vakansies, toe ons kinders was, was meer aktief soos dit maar in daardie jare die geval was en natuurlik was speel heel boaan die lysie. Een spesifieke Desembervakansie kan ek egter goed onthou, omdat dit nie gewone patroon gevolg het nie. Albei my ouers was in die hospitaal, vir 'n week as ek reg onthou, dit kan selfs langer wees ... dalk korter, maar as jy 'n kind is, voel dit in elk geval baie lank. My ma het onder andere hartprobleme gehad en was glad nie gesond nie. Snaaks genoeg is my pa aan 'n hartaanval oorlede - so "slegte" harte is so half en half 'n familiekwaal!
Altwee my ouer broers het al gewerk. Broer Piet het afloswerk in Kimberley gedoen. Ek was dus aan stuur van sake by die huis. Op daardie stadium het ons koei gekalf en ek kon haar glad nie by die meent kry waar hulle bedags gewei het nie. Dan moes ek nog besoektye betyds by die hospitaal wees, met skoon nagklere (só "aan stuur van sake" het natuurlik die daaglikse was en stryk van pajamas ingesluit). Tipies van my ma wat altyd ander probeer help het, het sy besef dat mev. Gainsford, wat saam met haar in die hospitaal is, se seuntjie, heelwat jonger as ek, alleen by die huis is, as sy pa by die werk is (haar man het by die tydkantoor van SAS & H gewerk en het skofte gewerk) en so land die outjie se versorging (kosgee en oppas) ook sommer op my skinkbord.
As ek vandag daaraan terugdink, was dit nogal 'n besige Desembervakansie vir 'n veertienjarige wat geeneen van bogenoemde op sy lysie gehad het nie.

Thursday, 6 December 2018
Murraysburg - 'n juweel
Wat 'n aangename verrassing toe ek die verwysing na my blog op Murraysburg se FB-blad kry. Ek reis deesdae selektief op my tablet en in my geheue, wat uit die aard baie voordele vir my inhou - dit is fisies minder uitputtend, die hoë brandstofrekening voel ek nie aan my sak nie en die verval van dorpies en paaie is nie so 'n sigbare seeroog vir my nie. Natuurlik het hierdie manier van reis ook nadele, maar daarmee moet ek maar vrede maak - op 87 besluit jou lyf vir jou wat jy kan en nie meer kan doen nie.
Ek lees van die Karoo Stilfees wat eersdaags weer in Murraysburg plaasvind en ek kan nie aan 'n beter plek dink as die populierbos om dit te doen nie. Ek staan verstom oor al die aktiwiteite wat daar in dié dorpie aangepak word en ek besef duidelik, jou dorp is wat sy inwoners bereid is om in te sit ... Is ons maar nie almal rentmeesters nie?
Ek plaas graag die volgende adresse om 'n bietjie deur die wêreld te reis waar menswees 'n verskil maak.
https://www.countrylife.co.za/travel/making-it-in-murraysburg
Ek lees van die Karoo Stilfees wat eersdaags weer in Murraysburg plaasvind en ek kan nie aan 'n beter plek dink as die populierbos om dit te doen nie. Ek staan verstom oor al die aktiwiteite wat daar in dié dorpie aangepak word en ek besef duidelik, jou dorp is wat sy inwoners bereid is om in te sit ... Is ons maar nie almal rentmeesters nie?
Ek plaas graag die volgende adresse om 'n bietjie deur die wêreld te reis waar menswees 'n verskil maak.
Tuesday, 4 December 2018
My hart-GPS ...
Foto: René Theron (renetheron@mweb.co.za) |
Die Karoo waar 'n mens die waarde, die belangrikheid en die diepte van menswees leer ken het. 'n Mens is geneig om die plek waar jy grootgeword het, te idealiseer en onmiddellik is dit die dorpsnaam wat ek wil gee. Maar ek het die groot fout gemaak om onlangs my grootworddorp weer te besoek... Gate, rommel, stukkende pype, omgestote grafstene, met beeste wat tussen die graftes loop en stukkende en vervalle geboue ... Ek was verslae en geskok. Die agteruitgang van die dorp is 'n skreiende skande. En ek trek onmiddellik die naam De Aar in my gedagtes dood.
Gelukkig kan ek met groot lekkerte aan Murraysburg terugdink. Ek sal die koördinate van Murraysburg gee as my hartsdorp. Die dorp waar my oupas en oumas van pa en ma se kant af geboer het. Waar kindertyd se speel in die strate, op koppies en tussen rante nog 'n glimlag op my gesig sit, want ek het ook hierdie dorpie besoek en ek kon my kleintyd se voetspore vind ...
Monday, 3 December 2018
Fiemies of bloot net grillle ...
Ek het 'n hele paar fiemies ... miskien sou party mense gesê het dat dit bloot grille is, maar ek dink meer in die lyn van dat ek kieskeurig is!
'n Mens kan keuses in die lewe uitoefen en ek is kieskeurig oor watter kos ek eet, hoe kos gaargemaak word en of troeteldiere binne of buite die huis moet wees ... dis om maar enkeles te noem.
Die teenstrydighede in my fiemies is nogal ironies ... soort van tong-in-die-kies, indien dit op die keper beskou word.
Ek eet nie volstruissteak nie, maar volstruisbiltong is bo-aan my biltonglysie! Ek het glad nie kerrieafval geëet nie (die naam het vir my genoeg gesê), maar ek was baie lief vir die klein aartappeltjies wat my ma saam met die afval gekook het. Ek eet pap, maar net in die oggend, definitief nie saam met my braaivleis in die aand nie. So, die braaivleis-en-pap-gedagte staan my glad nie aan nie.
Ek is liewer vir sout as vir soet - sal eerder my skorsies op die vleis gaarmaak, as om botter en suiker daarin te gooi. Ek is byvoorbeeld baie lief vir souttert. Mev. Maritz, een van Jane se groot vriendinne, nooi ons een Saterdagmiddag vir koek en tee met haar verjaardag. Daar was 'n hele klompie mense daar en sy weet dat ek van souttert hou. Sommer met die intrapslag skep sy vir my 'n ruim porsie souttert in en tot my groot ontsteltenis vind ek uit dat dit aspersietert was!! Ek hou niks van aspersies nie en sit my mond nie daaraan nie! Ek het egter geen keuse as om dit af te wurg nie en toe ek met groot dankbaarheid die laaste happie in my mond steek, staan sy reg om vir almal 'n tweede rondte lekkernye in te skep en op my bordjie land 'n tweede skeppie "souttert"...

Wednesday, 28 November 2018
Blomme - die gebaretaal van die natuur ...
Jane was haar lewe lank baie lief vir blomme. Blomme in die tuin, blomme in potte orals in die huis, blomme aan etenstafel en blomme wat spesiaal gerangskik is vir die ouetehuis, wat gou omgevat moes word, sodat die inwoners die oorvloed kleur kan geniet.
Sy het dikwels vir die kerkeredienste blomme rangskik en dan is daardie ruiker na die diens na Ons Huis, die ouetehuis, gevat sodat hulle dit ook kan waardeer. Sy het dikwels vir sinodesittings hulle groot ruikers en tafelruikers gedoen, omdat sy dit vir die liefde van die saak gedoen het en dit hulle niks gekos het nie. Groen loof het sy uit ons tuin, die kerk se tuin, Baby van Lingen en Ons Huis se tuin gekry as dit vir sulke groot geleenthede was. Ons het dikwels plante geplant net vir hulle loofwaarde. Sy moes dikwels skouerruikers maak en selfs die kinders was later bedrewe hierin.
En as sy nie blomme rangskik of geskilder het nie, het sy dit gepars en die mooiste kaartjies gemaak, wat mense dikwels geraam het. Haar motto in die lewe was dat mense vir mekaar blomme moet gee terwyl hulle nog lewe. Sy het so dikwels gesê dat sy nie blomme op haar graf wil hê nie en 'n plastiese blom het haar glad nie aangestaan nie ... Op 'n stadium was plastiese blomme "hoog mode" so in die jare 70 as ek reg onthou, en sy het so dikwels daarna verwys en dan die lewensles na die mens deurgetrek en na die waardeloosheid en die geveinsdheid van die mens verwys.
Sy het 'n hele klomp spesiale blomme gehad, waarvan 'n krismisroos baie hoog op haar lysie was. Ook kosmosse was 'n groot gunsteling. Ons het al die kleure kosmosse in die tuin gehad en haar groot vreugde was om bottels vol gemengde saad in die veld oorkant die huis te saai, en gedurende die lente die spatsels kleur in die veld te waardeer.

Tuesday, 20 November 2018
Stofstrate en blink stoepe ...
In my kinderdae het De Aar nog grondstrate gehad en wat is nou lekkerder vir seuntjies as om fiets te ry dat die stof so staan. Maar ons is nog klein en bepaald nie gewigtig genoeg om 'n groot bondel stof op te skop nie. Die veld het egter mildelik in ons behoeftes voorsien. Ons het swaar asbosse agter aan ons fietse vasgemaak en gekyk wie kan die grootste stofwolk uit die grondpad ry.
[Ek het ongelukkig nie 'n foto van 'n ou fiets of 'n asbos nie, maar hoop die illustrasies sal die gedagtes aan die loop sit.]
Is daar Engelse Van der Merwes in die Karoo?
My neef Pienaar van der Merwe, sommer in die wandel as Toy bekend, was die seun van oom Danie en tannie Stompie van der Merwe. Oom Danie was my ma Nellie se broer. Hulle het regoor die Rooms Katolieke kerk en skool gebly. En met 'n skool wat enkele treë van hulle voordeur af was, was daar geen twyfel waar hierdie nefies van my sou skoolgaan nie.
Hierdie Engelse nefies het wel saam met ons na die Afrikaanse Hoërskool gegaan.
My broer Piet is weer Petrus Van der Merwe Pienaar gedoop, maar omdat almal so 'n draai deur Murraysburg gemaak het, hetsy van pa of ma se kant af, is die sakie sommer met gepaste byname reggestel. Op hierdie manier kon daar nie verwarring bestaan oor die persoon ter sprake nie...
Toy is getroud met Henna en hulle het twee seuns gehad. Die oudste seun is oorlede en nie lank daarna nie, is Toy ook oorlede. Henna het maar teruggetrek De Aar toe - die plek waar 'n mens se kinderspore nog helder voor jou geestesoog lê.

Monday, 19 November 2018
Die donkie met 'n missie ...
As die jongste van drie seuns, het ek dikwels so agter die groteres aangetou, wat my duidelik nie altyd in hulle planne ingesluit het nie, dan was daar Hannes Venter, die bure se seun, so omtrent broer Piet se ouderdom, en dan het ons nefies ook nie ver van ons af gebly nie. In kort, was daar altyd iets vir ons seuns om te doen!
My ma het so twee keer 'n week brood gebak as ek reg onthou ... En omdat ons net seuns was, is daar van ons verwag om hand by te sit, hetsy met die sif van die meel of die knie van die deeg.
Een aand so teen skemer, terwyl my ma besig was om die meel te sif, verdwyn Piet en Hannes na buite (en ek agterna) en so saam met die bure se seuns gewaar hulle 'n donkie wat voor ons huis verby loop, duidelik met 'n missie.
Dadelik skiet die blink gedagte hulle te binne om die donkie te vang en te ry. Die gedagte was nog nie eens behoorlik verwoord nie, toe het die donkie die pad oorgesteek en reg voor die stasiemeester, mnr. Van Aswegen, se motor ingeloop. Nodeloos om te sê dat ons ons koud geskrik het, en dit voordat ons nog tot aksie oorgegaan het. Almal bondel terug in die kombuis en waar daar eers 'n onwilligheid was om te sif, was daar toe te veel hande!

Sunday, 18 November 2018
Toebroodjies van my herinneringe ...
Die woord toebroodjies roep baie herinneringe by 'n mens op - die eerste is miskien die toebroodjie in jou skoolkosblik wat deur die jare so van gedaante verander het, dat vandag se kinders hulle neuse sal optrek vir daardie toebroodjies.
Ek kan nie presies onthou wat my ma altyd op ons toebroodjies gesit het nie - daar is egter 'n vae herinnering van onder andere konfyt op ons broodjies. Wat my toebroodjies besonder gemaak het, was die ruilwaarde wat dit tydens pouse gehad het, veral in die laerskool. Frans Cilliers, een van die leerders in my klas wat naby die skool gebly het, het altyd roereier op sy broodjies gehad. Hy kon nie wag om sy toebroodjies met myne te ruil nie, en ek was maar te gewillig om te ruil. (Eier is vandag nog baie hoog op my lys van gunsteling kossoorte - in enige vorm. Jane het altyd gesê dat as iemand my in die middel van die nag sou wakkermaak en 'n eier na my kant toe gooi, sal ek raakvang, maak nie saak hoe deur die slaap ek is nie.)
Jane kon altyd die heerlikste kosblikke vir die kinders pak en nooit was een dag se vulsel dieselfde nie. 'n Blou Maandag se toebroodjies het gewoonlik weerspieël wat Sondag op die tafel was ... bobotie, snytjies dun boudvleis of gebakte hoender. Gerasperde kaas, poeierbiltong en grondboontjie met stroop was ook groot gunstelinge. Nooit het sy 'n vulsel gedurende die week herhaal nie en sy het altyd gesê dat 'n mens kos met liefde moet maak. Die toebroodjies is dan keurig in waspapier toegedraai, voordat dit in die kosblik gesit is. Vir tweede pouse het sy altyd vrugte vir die kinders ingesit. Ons het daardie jare soveel vrugtebome gehad, dat daar altyd vrugte deur die jaar was, vye, druiwe, perskes, pruime, appelkose, granate, kwepers, nartjies, lemoene, ens. (Aarbeie, waatlemoen, spanspek en grenadella was ook volop). Met deesdae se geweldige hitte, min reën en my min energie, is al my vrugtebome met sitrusbome vervang ... hulle kan so half en half gelos word, en dan dra hulle nog steeds vrug!!
'n Ander toebroodjie wat my helder voor gees staan, is die destydse reënboogtoebroodjie. In die sewentigerjare was dit veral gewild by kerkvergaderings, begrafnisse en orals waar 'n bordjie eetgoed ter sprake was. Dit is altyd in driehoekies gesny, met gesnipperde blaarslaai tussenin. Ek het gegoogle om te kyk of ek 'n foto ter illustrasie kan kry, maar helaas kon ek net moderne reënboogtoebroodjies kry.
En dan was daar Jane se padkostoebroodjies ... saam met 'n gebakte boudvleis of hoender wat sy altyd so deur die nag in die oond gebak het. Die wiele het skaars begin draai of dit voel vir my dis tyd vir padkos ... op pad Hartenbos toe, het ons sulke gereeld stoppunte gehad en heerlik by die tafeltjie en stoeltjies langs die pad afgetrek. Medepadverbruikers het dikwels die toeter gedruk en uitbundig gewaai, want hulle is ook op pad see toe! Almal het 'n fles of twee gehad waarin koffie gemaak was - ons een wat die langste gehou het, was so 'n blou-en-wit-gestreepte een - fleskoffie het mos sy eie smaak. Later het dit so 'n flouerige blouerige smaak en kleur. Deesdae is daar by elke garage petrol en koffie beskikbaar - ek wonder watter een van die twee is die duurste.

Sunday, 23 September 2018
My huidige gespreksgenoot ...
Van al die vierpotiges wat al my pad gekruis het, gee hierdie een my die meeste vreugde. Murphy kommunikeer baie duidelik en as sy nie van iets hou nie, dan laat sy jou geensins in die duister nie. Sy het die gewoonte om deur die loop van die dag altyd 'n lekkernytjie by my kamervenster te kom vra. Sy staan op haar agterpote en het die vra-dans al behoorlik vervolmaak. Geen mens kan haar snoepgoed weier, as sy só mooi vra nie. Verlede week besluit ek om net een happie vir haar te gee, i.p.v. die gebruiklike kwota. Sy het net eenvoudig daaraan geruik, daarna gekyk en dit geïgnoreer. Eers toe ek vir haar nog gee, het sy dit geëet. Hierdie gedrag het ek by herhaling getoets - sy is nie tevrede met een snoepwieletjie of -stokkie nie, sy wag vir meer!
Ek besluit toe om haar eergister te bad, sodat sy darem net 'n bietjie skoner daar uitsien. Ek kan nie meer so lank staan nie, gevolglik het ek haar maar vinnig gebad en nie deeglik soos altyd nie. Ek gaan sit toe op die draadstoel, met haar aan die leiband sodat sy kan droog word, voordat ek haar weer haar vryheid gee. En daar by my voete, lê en lek sy haar bene en kyk vir my - so asof sy vir my sê dat ek halwe werk gedoen het en nie haar bene gewas het nie. Toe ek besluit dat sy nou droog genoeg is, maak ek haar los en voor ek by die agterdeur is, kom staan sy voor my - so vuil soos voor die badpoging! Sy het letterlik toe ek my rug draai, 'n draai deur die grond gemaak en net vir my kom wys dat alle pogings tot "skoonheid" futiel is. Sy moet dan maar vir die veearts in haar sandjas gaan kuier - dit blyk my dit is haar ware kleure!

Sunday, 16 September 2018
Die bekende dr. Joseph van Douglas
Jane het die Josephs geken, omdat sy ook van daardie wêreld gekom het, maar ek het hom eers heelwat later leer ken.
'n Interessante mens wat sy praktyk baie uniek bedryf het. Hy het sy eie medisyne gemaak (aangesien hy ook aptekerswese tot op 'n punt geswot het, as ek sy vertellinge reg onthou) en hy het veral gespesialiseer in rumatiekmedisyne (in daardie jare het ons na alle gewrigspyne verwys as rumatiek). Dokters van oor die land heen, het hom besoek, selfs Amerikaners het by hom 'n draai gemaak. Ek sou wat wou gee om vandag my hande op daardie botteltjie met pilletjies vir rumatiek te kan lê.
Ek onthou een spesifieke besoek baie goed. Martie (Jane se suster) het by ons gekuier (na Willie se dood) en sy het ook vir haar 'n afspraak by dr. Joseph gemaak. Ek het op daardie stadium gewerk, Jane was 'n tuisteskepper, Martie was op pensioen en Alda was 'n student. Nie een van ons het dieselfde konsultasiefooie betaal nie.
Arm mense het hy verniet behandel en in daardie jare (die laat 70's) het hy reeds sy eie apteek in sy spreekkamer gehad. Sy eie medisynemengsels was wel bekend en gewild en om kostes te spaar, het sy pasiënte leë medisynehouers aangedra, wat hy daardie tyd al herwin het. As ek nou so terugdink, was dr. Joseph 'n milleniumdokter, een wat sy praktyk ligjare die toekoms in bestuur het. Hy was ook so half ouderdomloos. Dit was moeilik om te skat hoe oud hy was, ek vermoed toe ons paaie gekruis het, was hy al 'n hele klompie jare verby aftree-ouderdom.
Een van sy liefdes was skryf. Hy het graag oor mense geskryf, maar nooit hulle identiteit of die Karoodorpies se name bekend gemaak nie. Hy het die boekies wat hy geskryf het, in Engels en in Afrikaans sommer self uitgegee. En toe hy dit wil verkoop, het die Medisyneraad (of wie hulle ook daardie tyd was), 'n netjiese stokkie daarvoor gesteek. Dit het hierdie begeesterde man nie ondergekry nie en hy het hulle vir sy pasiënte uitgedeel wat lief was vir lees.
Ek haal graag uit een van sy boekies aan - 'n treffende begin:
"Die twintigste eeu was maar tien jaar en vier dae oud toe my moeder die lewe aan 'n seun geskenk het. Daardie seuntjie was ek. Vir my ouers was dit 'n dag van besondere betekenis, omdat hulle 'n seun ryker geword het. Lank voor my geboorte het hulle besluit dat as die baba 'n seun is, hulle hom vir 'n dokter sou laat leer. My vader wou baie graag een geword het, maar hy het nie die geleentheid of voorreg gehad nie.
Destyds het honderde mense diamante gedelf, en waar ek gebore is, is duisende diamante uitgehaal. Die klein sinkhuisie waarin ek gebore is, is later afgebreek en die gruis onder die huis omgekeer. Vier mooi 'klippies' is daar gevind en die geld wat my vader daarvoor gekry het, het die onkoste van my geboorte maklik gedek. Ek is letterlik op diamante gebore! Daardie selfde plasie is vandag my eiendom en weens sentimentele en ander redes kan geld hom nie koop nie.
Toe ek drie jaar oud was, het my ouers besluit om ses maande in die buiteland vakansie te gaan hou. Terwyl ons daar was, het die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek. Ses jaar lank was ons daar vasgekeer en saam met duisende ander het ons byna van honger omgekom. Maande aaneen het ons van gekookte gras gelewe. Vir 'n kort rukkie was ek toegelaat om bloed by die militêre slagpale bymekaar te skraap. Dit het ons gekook en geëet."

Saturday, 8 September 2018
Kobie Linde se dagboek ...
Ek het vanjaar ds. Kobie Linde se boek nadergetrek om stilte uit te hou. Kobie Linde en sy vrou, Engela (die baie bekende skryfster, het vir 6 maande langs ons gebly. Hulle het by Fanie en Henriëtte Vermaak loseer. Dit was November 1960. Hy was op daardie stadium 'n proponent en het sommer gou die bynaam van "Proppie" gekry. Desember 1960 kon ds. Willem Steenkamp met 'n geruste hart vakansie gaan hou, want prop. Linde het as leraar ingestaan en gepreek.
Gedurende hierdie 6 maande het hy aktief saam met ds. Willem in Dutoitspan gemeente gewerk, terwyl hy vir 'n beroep gewag het. Ons het soos goeie bure betaam, oor en weer gekuier. Hy het toe so teen die einde Mei 'n beroep na Kameelboom in die Kalahari naby die grens met Botswana gekry. 'n Hele klompie jare later het sy paaie weer met Kimberley gekruis, toe hy 'n beroep na die NG Gemeente Newton (vandag Kimberley Gemeente) aanvaar het. Hiervandaan is hy na die militêre gemeente in Kimberley as kapelaan beroep, toe Grahamstad en vandaar het hy vir baie jare as kapelaan in Potchefstroom diens gedoen.
Seker maar oor ek die skrywer geken het, dat ek 'n gevoel van heimwee ervaar, elke keer as ek sy dagstukkies lees. Dis asof ek die man hoor - so anders as bv. met ds. Solly se dagstukkie-boeke.

Tuesday, 4 September 2018
My genadeblommetjies!
Deesdae is tuinmaak 'n luukse wat ek nie meer kan doen nie. My hande jeuk om in die tuin te vroetel, maar my vervaldatum vir tuinmaak het helaas aangebreek. Daarom verlustig ek my in al hierdie genadeblommetjies wat hulle bydrae tot kleur in my tuin in hierdie droë seisoen ongevraagd gee.
Sunday, 29 July 2018
Die langafstandverhouding blom ...
Murphy het 'n spesiale bed vir dié winter gekry. En sy was baie in haar skik met hierdie onverwagse meevallertjie. Dié bed is "ingevoer" van Durban waar Henry dit gedurende die vakansie by 'n aandmark raakgeloop het. Hy soek al jare na 'n geskikte bed - snoesig, lekker gestop, sag, mooi en Murphy-vriendelik.
By elke kunstefees is die beddens besigtig, bevoel en helaas te lig bevind, selfs die beddens by die troeteldierwinkels was net te Chinees vir die besondere hond. En toe is daar 'n stalletjie wat hierdie beddens individueel vervaardig... nogal teen 'n sakvriendelike prys!
Op een van die foto's straal die dankbaarheid uit Murphy se honde-oë! Die eerste week nadat sy die bed gekry het, het sy soos 'n pensioenaris eers 9:00 in die oggend uit die waskamer gekom en sommer net na vieruur, as ek haar kos vir haar gegee het, gaan inkruip. Van my "waghond" was daar niks oor nie; ek het al begin planne maak om vir ons twee 'n ander waghond te kry - maar 'n nuutjie is nie vir altyd nuut nie - 'n week later is sy haar ou self... vroeg soggens aan die hardloop, blaf en lekkernye bedel by die venster!
Dankie, Henry!!

Monday, 9 July 2018
My fiets ...
Hier is die kwitansie en kyk hoe is sommige woorde in 1955 gespel! |
Sunday, 8 July 2018
Ten spyte van ...
Saturday, 7 July 2018
Saturday, 30 June 2018
Thursday, 21 June 2018
Wintersknieë ...
In die dae voor die groot staking ... |
En ek stem heelhartig met Blouwillem van Volksblad-faam saam dat my ou lyf al hoe meer na 'n ESKOM-staking voel: Die meeste van die tyd op strike, maar daar is darem nog so hier en daar 'n bietjie krag wat deurkom!
Sunday, 10 June 2018
Die langafstandhond...
Daar is langafstand-verhoudings, afstandsonderrig en derglike dinge, maar ek is die voog van 'n langafstandhond... Murphy is eintlik Henry se hond. Hy sorg vir die hond, koop kos en lekkernye (veral lekkernye), sjampoo en Bob Martins. En dan is daar die veeartsrekeninge wat met liefde betaal word, omdat die hond van tand tot toon, in 'n tip-top-kondisie moet wees.
Wanneer Henry hier gekuier het, is sy skoon geskrop... En dan hou ek maar duime vas, dat die dame sal poog om haar nie onnodig vuil te mors nie, want vir my is dit 'n hele drama om haar deesdae te bad en droog te kry! Hier is sy na so 'n badsessie...

Saturday, 28 April 2018
Geselskapsdame...
Hier op my oudag het ek 'n geselskapsdame ... 'n Op en wakker
een! Party dae dink ek sy dink ek is te oud en gee te min aandag aan haar. Op
my beurt dink ek weer sy ly aan AGHS. Sy is hiperaktief en impulsief en handel op
die ingewing van die oomblik.
Haar aandag word maklik afgelei en sy skakel dikwels en
maklik van die een aktiwiteit na die ander oor. Sy vind dit moeilik om op een
ding te konsentreer. Rondhardloop is een van haar gunsteling aktiwiteite. 'n
Ander gunsteling is eet ... maar net snoepgoed ... kos is van minder belang. En
as sy die dag ongelukkig is oor my optrede, dan eet sy nie eers die lekkernye
wat ek so goedgunstiglik met haar deel nie. Ek moet regtig mooipraat om weer in
haar goeie boekies te kom. Een van die dinge wat haar regtig vies maak, is as
ek dorp toe gaan en ek maak haar in die agterste deel van die werf toe ... Sy
kan voorwaar 'n keel opsit!! En op hierdie manier verkondig sy dit aan die bure
dat ek nie daar is nie!
Verder sukkel sy om opdragte uit te voer, eintlik is sy ongehoorsaam,
maar ongelooflik nuuskierig. Sy weet wat by die bure aangaan, oorkant die
pad en in die straat ...
Maar is dit nie maar tipies van 'n Jack Russel nie??

Thursday, 29 March 2018
'n Balans...?
Ek was verlede week by die dokter, want na die griepinspuiting het ek gaan staan en griep kry!! So 'n paar algemene toetse en die bevinding is dat daar balans in my lewe is...
Murphy was veearts toe, maar volgens die veearts is dit pure aandagsoekery...

Tuesday, 20 March 2018
Murphy... (vervolg)
Murphy kom sit graag voor my kamervenster en beplan dan haar dag volgens my bewegings... Bly ek die dag in die kamer, om welke rede ookal, doen sy
dieselfde... maar net met meer aksie!! Sy wag die bure se hond in en lok 'n
deur-die-draad-geveg uit. Indien die hond aan die anderkant van die huis is,
bekruip sy voëls, geitjies of duiwe... Dié wat suksesvol gevang word en nie geëet word nie, word as
vredesoffer voor my kamervenster gesit. Nooit gedink dat dié hond wat so verfynd
en vol fiemies is, nog steeds eie aan hul natuur, haar jagtersinstinkte so
blatant sou blootstel nie.
Volgens alle aanduidings was sy 'n huishond... Sy hou van TV kyk en as sy op haar agterpote staan by die kamervenster, kan sy TV kyk...
Sy is baie liewer vir huiskos en groente en vrugte, as vir haar kos. As jy 'n nartjie, peer, lemoen, perske, tamatie, vy of wat ookal buite staan en eet, kyk sy dit uit jou mond uit! Vir jogurt is sy ongelooflik lief en eet dit graag met 'n lepeltjie uit die bakkie (net Henry het die geduld vir hierdie oefening...) en met roomys en jellie kan jy haar omkoop!
Verder is dit ook belangrik hoe die kos vir haar gegee word... indien enige van hierdie kos vir haar gegooi word, eet sy dit nie... Dit moet vir haar gegee word, verkieslik korrel vir korrel (in die geval van druiwe) of in blokkies gesny ( in die geval van waatlemoen...)
Ek het al hond se gedagtes gekry dat sy 'n vegetariër is, maar haar gunsteling vleiskossie is hoendervelletjies...
Sunday, 11 March 2018
My nuwe dieet?
Indien 'n mens na die nuus luister en kennis neem van listeriose wat in al die maklike kitskosse vir ons alleenlopers skuil, is dit miskien die beste om die dokter se dieet te volg... Met die pyne wat elke nou en dan sy kop op 'n ander plek uitsteek, kou ons al reeds klippe... die volgende probleemarea gaan seker ons gebit wees!!
Sunday, 4 March 2018
My liefdesdiens...
Die 26ste Februarie het ek gou my gebruiklike draai by die kerkkantoor gaan maak, om die finansiële inligting gou op die rekenaar te sit, toe ons dominee besluit om my aksies vas te vang - die resultaat het hy vir my aangestuur...
Monday, 5 February 2018
Baie dankie vir die gelukwensings!
'n Groot dankie aan elkeen wat my dag so spesiaal gemaak het. Dankie vir elke oproep, SMS, WA, handdruk by die kerk en die verrassingstee wat vir my gereël is. Ek waardeer elkeen van julle en voel geseënd om julle te ken.
Mag elkeen van julle ook die seëninge ervaar wat julle my toegewens het.

Wednesday, 17 January 2018
'n Wewenaar met 'n dwalende oog...
Die ou mense het baie humor gehad en as 'n mens vandag terugdink, dan moes jy net mooi geluister het, want hulle het dikwels 'n storie sommer so in die lug laat hang en jy moes jou eie afleidings maak...
My skoonpa, Tom (Thomas Henry) Roselt, het eendag 'n man, ene Badenhorst, op die dorp raakgeloop. Hy was vir die soveelste keer weer wewenaar, maar die man het ook nie eens lank gerou nie, dan staan hy weer met die volgende mev. Badenhorst voor die kansel.
Dit was tydens een van sy wewenaarskappe wat my skoonpa vir hom sê: "Ag nee, man, jy is besig om die vrouens uit te roei!"

Tuesday, 16 January 2018
Opvoedingstyle in families verskil van mekaar...
As ek aan my pa dink, dink ek aan iemand wat glad nie daaraan geglo het om sy kinders pak te gee nie.
Hy was iemand met 'n sagte hart wat baie lief vir kinders was.
'n Herinnering wat 'n groot glimlag op my gesig sit, was toe Hannes, Boetie (Petrus van der Merwe, Danie van Kleinbrak se oudste broer) en Boy (Oom Pienie se seun, Daphné se broer) besluit het om weg te loop. Hulle was klein en die drie tjokkertjies het na Boy se oupa se plaas geloop.
Hierdie weglopery van die nefies het nie die ouers se goedkeuring weggedra nie en hulle het besluit om hulle 'n pak te gee. Twee van die drie nefies het deurgeloop, maar omdat dit nie by die opvoedingstyl van my pa gepas het nie, het hy nie kans gesien daarvoor nie. Uitkom uit die situasie kon hy ook nie eintlik nie en dit is toe dat hy sy oudste suster, Auntie Annie, wat op daardie stadium by ons gekuier het, vra of sy nie asseblief vir Hannes sal slaan nie. As ek reg onthou het hy haar 5 sjielings aangebied.
Maar daarvoor het sy ook nie kans gesien nie... Hannes was die enigste een van die nefies wat nie pak gekry het nie... Maar die boodskap was dieselfde!!
My pa met my op sy arm. |

Sunday, 14 January 2018
My bure in die jare 60...
Ons bure skuins agter ons in die sestiger jare was Jurie en Celie Doman. Ons kinders het altyd Vrydae
by mekaar gespeel en dan het ons hulle sommer so oor die draad getel.. Een Vrydagmiddag het Monica by Alda kom speel en die volgende Vrydag het Alda weer daar gaan speel.
Celie was 'n kinderkransleidster en daarom het Alda van baie jongs af Kinderkrans toe gegaan... Sy was so tussen drie en vier jaar oud en was in Celie se klas... ongeveer 1963.
Jurie was 'n man wat daarvan gehou het om poetse te bak en ook om iets kreatief te maak. Hy was regtig vaardig met sy hande. Hy het ongeveer in daardie tyd 'n ou stukkende bus gekoop en dit omskep in 'n woonwa. Hy het jare aan hierdie projek van hom gewerk en beter kon jy nie sommer kry nie... Hy het 'n netjiese stukkie werk gedoen en ons bure het so van tyd tot tyd daar gaan inloer om te sien hoe vorder die projek. Hierdie was letterlik 'n huis op wiele, want hierdie bus het meer as genoeg ruimte gehad... Voordat ons die finale produk kon sien, is hy Kokstad toe verplaas en het hy die bus Strydenburg na sy pa-hulle toe gevat. Jurie het vele aanbiedinge gehad om die bus te verkoop wat hy dan later ook gedoen het.. Was dit die eerste van sy soort - wat sou 'n mens dit noem? Dalk 'n buskaravaan?
Ek sien op die internet dat dit deesdae nie meer 'n skaars item is nie.
Ons buurmanne, ek, Fanie, Jurie en nog een of twee in die blok, was omtrent almal op die kerkraad. Een spesifiek Sondag was Jurie nie in die kerk nie en ek bel hom. Nadat ons gegroet het, vra ek toe aan hom: "Broer, hoekom was jy nie in die kerk nie?" Hy moes my vir die nuwe dominee, ds. Willem Steenkamp, aangehoor het, want hy het behoorlik klei getrap tussen al die verskonings...
Baie jare later het hulle gaan aftree op Strydenburg in die Noord-Kaap! Hulle het in dieselfde huis as sy ma-hulle gebly en op daardie stadium was hy burgemeester van die dorp, net soos sy pa baie baie dekades voor hom.
Strydenburg is een van daardie klein dorpies waar daar nie baie gebeur nie. Een Desember toe Henry-hulle van die Kaap af kom, ry hulle deur Strydenburg en besluit om sommer brandstof in te gooi. Die petroljoggies het so teen die muur gehurk en toe Henry hulle vra wat hulle hier in Strydenburg maak, was sy antwoord: "Meneer, hier haal ons nog net asem."
Iets soortgelyk... dis so jammer ek het nie 'n foto daardie tyd geneem nie. |
Celie was 'n kinderkransleidster en daarom het Alda van baie jongs af Kinderkrans toe gegaan... Sy was so tussen drie en vier jaar oud en was in Celie se klas... ongeveer 1963.
Jurie was 'n man wat daarvan gehou het om poetse te bak en ook om iets kreatief te maak. Hy was regtig vaardig met sy hande. Hy het ongeveer in daardie tyd 'n ou stukkende bus gekoop en dit omskep in 'n woonwa. Hy het jare aan hierdie projek van hom gewerk en beter kon jy nie sommer kry nie... Hy het 'n netjiese stukkie werk gedoen en ons bure het so van tyd tot tyd daar gaan inloer om te sien hoe vorder die projek. Hierdie was letterlik 'n huis op wiele, want hierdie bus het meer as genoeg ruimte gehad... Voordat ons die finale produk kon sien, is hy Kokstad toe verplaas en het hy die bus Strydenburg na sy pa-hulle toe gevat. Jurie het vele aanbiedinge gehad om die bus te verkoop wat hy dan later ook gedoen het.. Was dit die eerste van sy soort - wat sou 'n mens dit noem? Dalk 'n buskaravaan?
Ek sien op die internet dat dit deesdae nie meer 'n skaars item is nie.
Baie jare later het hulle gaan aftree op Strydenburg in die Noord-Kaap! Hulle het in dieselfde huis as sy ma-hulle gebly en op daardie stadium was hy burgemeester van die dorp, net soos sy pa baie baie dekades voor hom.
Strydenburg is een van daardie klein dorpies waar daar nie baie gebeur nie. Een Desember toe Henry-hulle van die Kaap af kom, ry hulle deur Strydenburg en besluit om sommer brandstof in te gooi. Die petroljoggies het so teen die muur gehurk en toe Henry hulle vra wat hulle hier in Strydenburg maak, was sy antwoord: "Meneer, hier haal ons nog net asem."
Monday, 8 January 2018
Interessante berekenings...
The rand is currently enjoying one of its longest winning streaks since 2002, with the currency trading at R12.37 to the dollar on Monday, 8 January.
This means that those looking to travel internationally may find that they will be getting the best bang for their buck right now. BusinessTech looked at what R100 can get you at current prices around the world:
- UK: £5.96
- USA: $8.08
- Australia: AU$10.30So 'n terugblik op ons vlug Kaaptoe in 2005 vir 'n kort vakansiein Gordonsbaai. Ek, Jane enAlda. Die fotograaf was Henry!!
- Germany: €6.73
- Brazil: R$26.1
- China: 52.36 Yuan
- Dubai: 29.67 dirham
- Canada: C$10.03
- Thailand: 263.15 Baht
The prices below are not meant to demonstrate purchasing power parity and do not serve as an equal-weighted price comparison – it is simply a guide on how South African travellers should budget, should they want to engage in ‘leisure’ activities while touring.
[https://businesstech.co.za/news/finance/218267/heres-
what-r100-buys-you-around-the-world-right-now-2/]
Ek bly maar lief vir syfers... Maar miskien is die heel beste
op hierdie stadium vir my om maar te bly waar ek is.
Subscribe to:
Posts (Atom)