Juwele in die Noord-Kaap!
Alda het besluit om hierdie reis deur die Karoo in beeld vas te vang! Die agterna-onthou is dan dubbeld so lekker!
Kambro-padstal:
Hierdie was altyd 'n moet-stilhou-plekkie vir my vrou!
(Gelukkig was hulle Paasvrydag vir ontbyt oop.)
 |
| Die ingang... |
 |
| Brandwagte sit weerskante van die hek!! |
 |
Ek het nooit gedink dat my kleindogter en haar ouma presies eenders oor padstalletjies voel nie! Dit vind ek nou uit tydens hierdie vakansie! Jou ouma sou jou darem geniet het! |
 |
| Al die plaasgereedskap het 'n tweede lewe hier gekry... |
 |
| Nou nie die op en wakkerste bandwag nie!! |
 |
| Die ou dae se "koos" - duidelik beter dae geken! |
 |
| 'n Mens is platsak nadat jy die winkeltjie besoek het! |
 |
| Lees die kennisgewing!! |
 |
| Ek moes ook vir die fotograaf by die "nootgevalle-pot" staan! |
 |
| Hier kry ek sowaar 'n paar tuinmaakwenke! |
 |
Hierdie plante is droogtebestand! Beslis 'n moet vir Kimberley! Ons het drie pakkies saad gekoop. Nou moet iemand dit net plant - maar niemand is beskikbaar nie... |
 |
| 'n Noordkaapse paashaas... |
 |
Gizela wou dadelik vir my van hierdie voëltjies koop! Sy reken hulle sal nie soos Niknax groener weivelde soek nie! |
 |
| Gaan ons hier buite sit en eet of... |
 |
| gaan ons in "Die Voëlnes" sit en eet! |
 |
| Ek het 'n heerlike Karoo-ontbyt bestel! Werklik aangenaam. |
 |
Henry het tuisgebakte brood en kaiings bestel en wou hê dat ons almal van hierdie kaiings moes proe! |
 |
| Gizela vat maar die goue middeweg en kry 'n wildspasteitjie! |
Boeteka padstal (tussen Beaufort-Wes en Oudtshoorn)
 |
| Eienaar van die padstal! |
 |
| Die uitsig van hier bo af, is aan te beveel! |
 |
| Heerlike weer... |
 |
| Hierdie is 'n bok vir sports! |
 |
| Heerlike braaihout! |
 |
| Die ligter sy...! |
 |
| Waar gaan ons sit? |
 |
| Bestel vir almal van ons volstruispasteitjies! |
 |
| En koop so 'n smeerseltjie vir ons vakansiebrode! |