Juwele in die Noord-Kaap!
Alda het besluit om hierdie reis deur die Karoo in beeld vas te vang! Die agterna-onthou is dan altyd dubbeld so lekker! Hartsherinneringe!
(Foto's: Alda Welman)
Britstown
 |
| Die skokkende prys van diesel in Britstown!! |
 |
| Die NG Kerk in Britstown. |
 |
| Britstown se Transkaroo Lodge. |
 |
'n Heerlike Karoo-ontbyt met tuisgebakte brood!
(Ek, Gizela Kapp, my kleindogter en Henry Welman, my
skoonseun) |
 |
| In die Lodge se eetsaal wat ook geskenke verkoop. |
 |
| Koeke te kus en te keur! |
Hopetown
(Vir 'n bietjie bene rek en rondkyk!)
Gizela se woorde toe sy die dorpie se naam lees en rondkyk: "Is hier enige hoop in Hopetown?"
 |
Hopetown se hotelletjie is nog aan die gang, met 'n baie mooi vetplanttuin - die antwoord vir hierdie droë wêreld! |
 |
| Die advertensies hier word sommer direk op die
mure gedoen! |
 |
| Ons eerste stopplek, sommer so langs die pad! |
 |
| Afrikaanse idiome op sy beste! |
 |
| Ook hier is die uitnodiging in idioom-Afrikaans! |
 |
| Ek aanvaar dat in hierdie winkel alles en nog wat is! |
 |
| Die ingang na 'n vergete vetplantpark...? |
 |
| Party vetplant "blom" sowaar!! |
 |
| Daar is darem spatseltjies kleur ook op die sypaadjies!! |