Karoo-genotjies





Ek kry warm!


Drie ouens ry tussen Beaufort-Wes en Oudtshoorn toe hulle kar breek. Hulle stem al drie in om 'n deel van die kar te vat sodat hulle kan oorleef. Een van hulle vat die wiel, die ander een vat die enjinkap en die derde een vat die deur. Die ander twee vra die ou wat die deur gevat het: "Hoekom het jy dit gevat?"

Hy sê: "Sodat ek die venster kan oopmaak, as ek warm kry."   




'n Oorlewingskursus in Oudtshoorn.

Mike werk vir die weermag. Hy is die bevelvoerder van 'n oorlewingskursus in Oudtshoorn.
Eendag roep hy sy manne bymekaar: "Ek het goeie nuus en slegte nuus," sê Mike.
"Die slegte nuus is dat ons kos op is en dat ons sand sal moet eet. Die goeie nuus is dat daar genoeg vir almal is!"



Ou oom Koos van Beaufort-Wes!

Ou oom Koos van Beaufort-Wes se selfoon gaan laatnag af.
Toe hy dit uiteindelik die foon op die bedkassie opspoor, gee hy dit net een kyk en sit dit neer.
“Wie was dit?” vra sy vrou.
“Bettie Louw” sê hy. “Ek gaan dit nie antwoord nie, ek ken nie ’n Bettie Louw nie.”
Nie lank nie, of die foon raas weer. Oom Koos kyk en vloek. “Al weer die verdomde Bettie Louw!”
Toe dit ’n derde keer gebeur, sê sy vrou: “Gee hier dat ek kan kyk.”
“Ai man,” sê sy. “Dit is nie Bettie Louw nie, dis ‘Battery Low’.”




My ou vriend...
My ou vriend daar vanuit die diep Karoo laat weet my dat dit nou daar so droog is, dat die beeste al die ondergrondse regte eet!!