Foto's: My reis deur die Karoo - Murraysburg 2015

Murraysburg - beide my pa en ma se grootwordwêreld!

Ek was aangenaam verras oor hierdie skoon dorpie - dit op 'n Saterdagmiddag! Geen papiere, stil strate, vriendelike mense en duidelik kan 'n mens sien hoe daar aan die plek se strate en sypaadjies gewerk word! (Ek was die vorige dag op De Aar om 'n bietjie daar op my kinderspore terug te loop - ek was so geskok toe ek die beeste tussen die graftes sien en al wat 'n grafsteen is, is omgestoot... skokkend - die werk van vandale of beeste?)

Terwyl ons in Murraysburg se kerkhof rondloop, op soek na my ma se grafsteen, loop ons 'n oud-inwoner van Murraysburg raak, Dammetjie Rossouw, wat op dieselfde erf in die dorp bly, as waar my oupa gebly het. (Dis egter nie meer dieselfde huis nie). Ons het kopstukke gesels. Hy onthou mense wat ek as kind geken het. Hy het selfs my oupa geken. Wat 'n aangename toeval... (Toeval?). Dammetjie se ma lê so neffens my ma, net in die volgende ry. Hierdie man is 'n lopende ensiklopedie van Murraysburg en sy mense.

Hierdie is 'n karoodorp wat sy karakter nog het!

(Foto's: Alda Welman)

Die pad wat ons môre moet vat...


By die ingang van Murraysburg




Die begrafplaas is net agter hierdie naamsteen!


Die Groot Trek Gedenksteen.


Gedenkteken waar Dokterskop vermeld word.

Murraysburg bo van Dokterskop af.

Murraysburg bo van Dokterskop af.

Murraysburg bo van Dokterskop af.

Murraysburg bo van Dokterskop af.

Blomme in Pienaarstraat, voor hierdie blomme het my
kleindogter vir haar 'n stukkie grond gekoop!


Murraysburg bo van Dokterskop af.


'n Pienaar in Pienaarstraat, Murraysburg!

Pienaarstraat is die laaste straat voor Dokterskop!


Alda Welman en Schalk Pienaar waai vir die familie op
 Dokterskop!

Bo van Dokterskop geneem!

Leivore in Murraysburg.

NG Kerk in Murraysburg geneem April 2015.












Erwe met windpompe is 'n algemene gesig.



So 'n tipiese ou huisie in een van die strate.

Toerisme-informasie kan hier gekry word.

































Op 'n Saterdagmiddag loop die skape wetsgehoorsaam op die
sypaadjie - duidelik nie stadskapies nie!

                                           
Die arme Volksies - wielloos en willoos!! Dalk sielloos?



Een van Murraysburgse kunshuise.

 Murraysburgse kunshuis!

                                                     
 Die voordeur van Murraysburg se kunshuis.










Donkies stop ook by stopstrate, al is dit net om te eet!!


















Die petrolprys van deesdae, gaan donkiery weer baie gesog
maak...dis so waar wat die Prediker sê:  Daar is niks nuuts
onder die son nie.




















Murraysburgse kerkhof een van die netjiestes!
















My ma se graf in Murraysburg.

Die grafsteen van my ma.