Foto's uit my jonger dae!


Op pad van Hanover na Murraysburg 
toe. Hier was ek in die hoërskool.


























'n Heerlike klipkoppie langs die
pad wat ons altyd uitgeklim het!

























Ek en my vriend Stephen Coetzee, by die Plymouth wat ek na
Kimberley toe gebring het om gesprei te word. Sy ma het vir my
ook Sondagskool gegee. 'n Dierbare ou tannie...

Broer Piet by my pa se Ploumyth wat ek destyds in Kimberley
laat sprei het, en waarmee ek by Jane op Bucklands gaan kuier
het toe ek dit teruggeneem het De Aar toe. Dit was eers so 'n
grys motor en na die tyd was dit 'n pragtige liggroen.
Johannes het die motor vir my pa gekoop, nadat Piet die
1934-Ford Sedan afgeskryf het. 






































Ek en my neef Tottie Pienaar van der Merwe.
(Tweede seun van oom Danie en tannie Stompie van der 

Merwe - my ma se broer en tannie Stompie was weer 'n niggie 
van my pa.)





















As jongman by ons huis spoorweghuis 82 De Aar. 

In die agtergrond kan die duiwehok gesien word, 

wat ek en Johannes gebou het, ons het graag met hierdie 
posduiwe geboer en hulle dikwels laat oefen.










































Een Sondag in die park naby ons huis, die foto is geneem
deur my skoolvriend Hansie vd Merwe.






































My pa met die uwe Schalk Junior. Let op hoe 
klein die Bloekomboom was in vergelyking 
met die een waar die duiwehok in die 
agtergrond gesien kan word.




























Ek in my heel eerste motor Morris 1936-model
wat ek by by 'n Mnr Sudderland gekoop het, maar 
het dit ook nie lank gehou nie. (Yvonne van der
Walt is in die motor, Chris se vrou.)