Wednesday 31 August 2016

Die berigte teen my kantoormuur...

In Afrikaans word gesê dat mure ore het, maar die mure in
my kantoor, vertel die geskiedenis oor baie jare heen! Hier is 
een van die rame teen die muur...

Sunday 28 August 2016

telefoonboekie

tussen die lyne ingeskryf
is my ma se geskiedenis:
vriende van nou en toe
bloedfamilie halffamilie hartfamilie
soms dwarsweg en onalfabeties ingepas
waar daar 'n hoek of spasie was

deurgetrek, oorgeskryf en uitgebrei
met elke geboorte, sterfte, huwelik of vertrek
het sy aankomelinge, weggegaandes en nuutgevondes
sekuur aangeteken en voorsien
van datum, tyd en plek

ek lees my ma se lewe
uit die boekie, tannie soekie tannie minnie
tannie bettie tannie naomi bel ek
vryburg welkom
kimberley de aar
om hulle te verwittig
van haar laaste vertrek


Uit: "In die afwesigheid van sin", deur Susan Smith. Beskikbaar by Protea Boekhuis.

[Hierdie gedig laat my dink aan my vrou se telefoonboekie wat 'n storie van sy eie vertel...]

Thursday 25 August 2016

Wednesday 24 August 2016

New design...?

Ek moes vir my 'n nuwe foon kry,
myne se battery het moeilikheid
gegee...!!

Thursday 18 August 2016

Ons troukaartjie... 60 jaar terug!

Die woorde is al dof, maar darem nog leesbaar!  

Monday 15 August 2016

Sunday 14 August 2016

Berig in die Noord-Kaapland eNuus...

Ek haal so af en toe die koerant, maar dis bloot
my ouderdom wat daarvoor sorg...

Tuesday 9 August 2016

Foto's van my afskeidsfunksie!


Henry en Alda, ek, Ronell en Jaco

Monday 8 August 2016

John-Charles sê:

Riem-onder-die-hart-woorde van my oudste kleinkind! 
Nog boodskappe!