Friday 20 January 2017

Bure in die baie vroeë jare 60...

Beriggie wat in Netwerk24 verskyn het.

Kobie Linde, ’n predikant, skrywer van verskeie geestelike boeke en eggenoot van die skrywer Engela van Rooyen, is Maandag in die Moot-hospitaal in Pretoria aan nierversaking dood.
Hy was ’n jaar lank in ’n versorgingseenheid aangesien hy ook aan demensie en diabetes gely het.
Linde is in 1935 gebore en het teologie aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer waar hy Van Rooyen ontmoet het. Hy was jare lank ’n kapelaan in Potchefstroom.
Sy meer as tien boeke het van 1992 tot 2004 verskyn en sluit in Goed begin, Padlangs na God, Superwenners, Uitroeptekens vir God, Die God wat omgee: Bybelse dagboek en Die volgende tree: ’n Dagreis deur Handelinge.
Van Rooyen sê in ’n e-pos “ons hou nie begrafnis of ’n gedenkdiens nie, gaan net die naweek saam as gesin saam met ma en kinders kuier en eet. Dit was vir my ’n groot bevryding om te besef dat begrafnis nie nodig is nie.
Wanneer ons oor ’n paar weke sy as bêre in die gedenkmuur by die kerk, sal ons weer almal teenwoordig probeer wees, tesame met ons dominee.”
Linde laat sy vrou, vier kinders en kleinkinders agter.

[20 Januarie 2017 14:25]
[http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skrywer-predikant-dood-aan-nierversaking-20170120]

Friday 13 January 2017

Kennisgewing van registrasie as kieser


Op 11 Februarie 1953 is ek as kieser geregistreer. Ek is egter
op die supplementêre lys geplaas wat die 1ste Mei 1953 in
werking tree. Wat my na al die jare opval, is die besondere
netjiese manier waarop hierdie poskaart ingevul is. Op daardie
stadium het ek in die Stasie Hotel gebly - dit was bekostigbaar
om in 'n hotel te bly, as jy nie ander losies gehad het nie! 

Nog skoenboksjuweeltjies!

Monday 2 January 2017

De Aar Hoërskool se personeel: 1950

Ek het De Aar Hoërskool se jaarblad ontdek. Heerlike ou
herinneringe van onnies, hulle byname en hulle maniertjies.

Sunday 1 January 2017

'n Nuwejaarsvonds!











Pa Schalk Pienaar, met die uwe Schalk Junior op sy arm. 
Op die foto regs is ek afgeneem na my ma se dood!



























'n Heerlike verrassing om so op die nuwe jaar 'n "Welfaart-telegramme" in die garage raak te loop, gedateer 12/12/50 in my pa se eie handskrif, 365 dae van gesondheid, rykdom en geluk is onbeperk aan my uitgemaak, van die Nasionale Voorspoedbank.
Dit is voorwaar 'n groot present vir 2017!!

Wense vir 2017...