Sunday 20 November 2016

Die gevolge van gemak?

Deesdae is mense baie meer onbetrokke. Uitreik moet altyd deur een of ander aksie of projek gebeur. Baie belangrik is deesdae om alles op kamera vas te lê en dan die foto's die wêreld in te stuur.

Hierdie prentjie is ironies die waarheid... Miskien het dit tyd geword dat ons die mens voor die lens raaksien en nie deur die lens nie!

Saturday 19 November 2016

In my leeftyd...

Ek het sommer 'n paar geslagte fone beleef, van die handsentrales tot by die selfoon wat jy in jou hempsak dra. Ek wonder hoe die volgende generasie fone gaan lyk?

Thursday 10 November 2016

Sunday 30 October 2016

Sunday 16 October 2016

Van Knysna na Kimberley...

Dit is presies waarmee ek nou besig is!!!







Friday 9 September 2016

Wednesday 31 August 2016

Die berigte teen my kantoormuur...

In Afrikaans word gesê dat mure ore het, maar die mure in
my kantoor, vertel die geskiedenis oor baie jare heen! Hier is 
een van die rame teen die muur...

Sunday 28 August 2016

telefoonboekie

tussen die lyne ingeskryf
is my ma se geskiedenis:
vriende van nou en toe
bloedfamilie halffamilie hartfamilie
soms dwarsweg en onalfabeties ingepas
waar daar 'n hoek of spasie was

deurgetrek, oorgeskryf en uitgebrei
met elke geboorte, sterfte, huwelik of vertrek
het sy aankomelinge, weggegaandes en nuutgevondes
sekuur aangeteken en voorsien
van datum, tyd en plek

ek lees my ma se lewe
uit die boekie, tannie soekie tannie minnie
tannie bettie tannie naomi bel ek
vryburg welkom
kimberley de aar
om hulle te verwittig
van haar laaste vertrek


Uit: "In die afwesigheid van sin", deur Susan Smith. Beskikbaar by Protea Boekhuis.

[Hierdie gedig laat my dink aan my vrou se telefoonboekie wat 'n storie van sy eie vertel...]

Thursday 25 August 2016

Wednesday 24 August 2016

New design...?

Ek moes vir my 'n nuwe foon kry,
myne se battery het moeilikheid
gegee...!!

Thursday 18 August 2016

Ons troukaartjie... 60 jaar terug!

Die woorde is al dof, maar darem nog leesbaar!  

Monday 15 August 2016

Sunday 14 August 2016

Berig in die Noord-Kaapland eNuus...

Ek haal so af en toe die koerant, maar dis bloot
my ouderdom wat daarvoor sorg...

Tuesday 9 August 2016

Foto's van my afskeidsfunksie!


Henry en Alda, ek, Ronell en Jaco

Monday 8 August 2016

John-Charles sê:

Riem-onder-die-hart-woorde van my oudste kleinkind! 
Nog boodskappe!

Sunday 31 July 2016

Thursday 14 July 2016

Ons wittebrood - Julie 1956!

Tydens ons wittebrood is ons met 'n bustoer na die Vallei van
Duisend Heuwels!
Lees meer hieroor!

Tuesday 5 July 2016

Monday 4 July 2016

'n Drie-in-een!

Henry en Alda saam met my in my kantoor by die kerk!
My en Alda se verjaardae, saam met Valentynsdag, is so in een week! Hier drink ons tee en eet Valentyns-muffins na kerk!

Wednesday 29 June 2016

Friday 17 June 2016

NikNaks!

Die slimste, dapperste, mooiste hond suid van die ewenaar!
My ander foto's!!

Monday 13 June 2016

'n Langer kuier!!

Uitsendings in Bloemfontein het sy voordele - ek kry 'n langer
naweekkuier!! Henry besig met 'n IBP-uitsending!

Sunday 12 June 2016

Saturday 11 June 2016

2016 se koue basaar...

2016 se basaar was die laaste een waar ek werksaam 
was. Van nou af, gaan ek dit net bywoon!!

Tuesday 7 June 2016

Basare van toeka tot...

Hierdie muurbehangsels is van Jane se handewerk in die jare 70! 
Hierdie droë blomme was daardie tyd hoog in die mode! 
In die voorgrond is twee oompie-kadoompie-vrugtekoeke.
Aan die regterkant is 'n klomp handgebreide teddies!
Nog foto's van voorbeelde wat deur Jane gemaak is.

Saturday 28 May 2016

Kerssangdiens onder die sterre!


Ek en Henry by Dutoitspan se kerssangdiens! 

Nog foto's hier!

Wednesday 25 May 2016

'n Benoni-kuier in 2011!


Schalk Pienaar - 'n "jong" man... nog nie eens 80 nie...!

Die res van die foto's is hier!!

Tuesday 29 March 2016

Goeie Vrydag 25 Maart 2016


 Mev. Winnie Ras, ds. Kobus Klopper en Schalk Pienaar
uitgenooi om aan die nagmaalstafel te sit.
(Foto: Elsa Minne)