Saturday 30 June 2018

Thursday 21 June 2018

Wintersknieë ...

In die dae voor die groot
staking ...
Hierdie winter het sommer nou ongevraagd by my knieë ingetrek.

En ek stem heelhartig met Blouwillem van Volksblad-faam saam dat my ou lyf al hoe meer na 'n ESKOM-staking voel: Die meeste van die tyd op strike, maar daar is darem nog so hier en daar 'n bietjie krag wat deurkom!

Sunday 10 June 2018

Die langafstandhond...

Daar is langafstand-verhoudings, afstandsonderrig en derglike dinge, maar ek is die voog van 'n langafstandhond... Murphy is eintlik Henry se hond. Hy sorg vir die hond, koop kos en lekkernye (veral lekkernye), sjampoo en Bob Martins. En dan is daar die veeartsrekeninge wat met liefde betaal word, omdat die hond van tand tot toon, in 'n tip-top-kondisie moet wees.

Wanneer Henry hier gekuier het, is sy skoon geskrop... En dan hou ek maar duime vas, dat die dame sal poog om haar nie onnodig vuil te mors nie, want vir my is dit 'n hele drama om haar deesdae te bad en droog te kry! Hier is sy na so 'n badsessie...