Foto's My seevakansie 2015!




April 2015: van Kimberley tot in Mosselbaai!
Ek kom die afgelope paar weke maar net agter hoe diep my liefde vir die Karoo en die Noord-Kaap is... dalk het die Liewe Vader dit tog maar so in my Boek geskrywe dat ek in die droë wêreld moet woon en by die see gaan kuier… (snaaks my ou knieë was seerder by die see...)
(Foto's: Alda Welman)














'n Selfie van ons klomp vakansiegangers: die uwe, Henry
(my skoonseun), JJ (my kleinseun), Gizela (my enigste
kleindogter) en Alda (my oudste dogter)

















Mosselbaai - ons anker vir die week...



Die groot aflaai - gelukkig het ons met die bakkie gekom!!
(Foto's: Alda Welman)

Ons woonstelnommer - ek wonder of dit
 saak maak dat ons 5 in die woonstel was??

Gizela se kamer vir die week!

Handdoekkunswerke!



Regte kunswerke!

Ons het elkeen ons eie TV!! Hierdie een was my en JJ s'n!










Ek toets gou die banke uit, voordat my kamermaat kom!!
Ek het mos darem die ouderdomsvoorsprong... of hoe??  

Die hart van die woonstel waarin ek nie 'n voet gesit het nie!
Praat van bederf!!

Die enigste ete wat Henry gedurende die vakansie gemaak het!
En dit spesiaal vir Alda! Inteendeeel ni
emand wou dit hê nie - 
ek wonder hoekom nie?? En ek het gedink ek het fiemies...!

Uitsig aan die linkerkant!


Uitsig aan die linkerkant!

Straat en see van die stoep se kant gesien!

Ek gaan gou 'n bietjie koffietjies soek om hier in die sonnetjie
te drink!


Die dapper twee in die kompleks se "verhitte swembad..."
Interessant, dat dit die laaste swempoging van die jonges se kant
was!! Raak hulle oud of kry hulle koud?? 


Die eerste tekens van braai is in die lug...

Nou gaan die braaiery begin!! Superman is hier om te help!!



Hierdie is duidelik 'n Judaskus!!


Parkeerarea van bo af!


Dit wemel hier van die dassies... en seker ook vlooie!

'n Luilekker lê in die son is nie te versmaai nie!

Henry op pad grot toe!

Die vuurtoring 

Kyk net al die rotsformasies!

Ek wonder hoe laat dit nou is?

Kan jy dit glo?? Niks word mos baie oud hier nie!!

'n Pragtige kruis.

By die voordeur van die museumkompleks!

Plekaanwysings soos windrigtings.

Ek en Alda het maar geduldig gewag vir die museumiete!! Ons het 
op 'n stadium gedink hulle is gemumifiseer en het deel geword van 
die uitstallings - hulle vat dan so lank!!

Die geskiedkundige posboom!

Die geskiedkundige posboom!

Die posskoen!



JJ en Gizela by die beroemde skoen!!




















Vir normale pos!

"Die rugwerwel van die eerste mens wat voet aan wal gesit het!"









































Hartenbos se waterwurm!!!
Die waterwurm was vir die kleinkinders ... beslis nie 'n oupa se soort tydverdryf nie!

Dit lyk amper soos Repelsteeltjie se kasteel...

Dit beloof VETPRET vir die deelnemers!!

Alles word hier in Afrikaans gedoen! Tot eet...

Gooi jou klere in hierdie mandjie en gaan swem!
 Niemand vat wat nie aan hom behoort nie!! Vreemde gedagte!
 
81 rye!!!
Die twee is vreeslik vrygewig en bied sommer vir my ook van

hul "rye" aan! Net jammer dat ek my swembroek in Kimberley
gelos het...!




 
                Orals is seediertjies op pilare staangemaak! 

Hier kom die derde been van die Driemansgeselskap uit!

"En hoe het julle eerste ry gevoel? Onthou daar is nog 80 oor!!"

'n Stukkie van Hartenbos se strand, sommer so uit die bakkie
geneem.