Kindervoetspore wat in die Karoo begin het ...
Showing posts with label Murraysburg. Show all posts

Sunday, 13 January 2019
Murraysburg se mense maak die verskil ...
Met al die klomp slegte nuus wat 'n mens in koerante en op die internet lees, is dit heerlik om te sien dat daar dorpies is wat die verskil maak daar waar hulle bly. Ek deel dit graag op my blog, want dit kan as voorbeeld vir ons ander dien. Viva Murraysburg.
Saturday, 22 December 2018
Moenie te lank kuier nie ...
Name van my kleintyd wat heerlike herinneringe in die Murraysburg-distrik oproep is name soos Kapoksfontein, Swaelkrans, Hartebeesfontein, Noupoort, Spitskop en die Sneeuberge. Wat my die helderste voor gees staan, is die rondloop in die veld, die diere en die koppies in die omgewing wat ons uitgeklim het.
Ek het my oupa Jan leer ken, toe hulle reeds dorpenaars was. Hy het op die plaas Swaelkrans grootgeword. Maar ek het die plaas leer ken toe sy skoonseun, oom Alwyn van der Merwe saam met sy vrou, tannie Stompie, op die plaas Swaelkrans geboer het. Daar was meer as een tannie Stompie in ons familie, so ons het na haar verwys as tannie Stompie Swaelkrans.
Voordat 'n mens Swaelkrans se hek gekry het, was daar oom Willie Pienaar (my pa se neef) se plaas, Hartebeesfontein. As ons die rondte van Vader Cloete by die familie gemaak het, het ons eers by oom Willie-hulle gestop en daar gekuier. Daarna het ons by my pa se suster, tannie Stompie-hulle, gaan kuier. Ek onthou oom Alwyn en sy ongetroude broer, oom Bennie, wat op daardie stadium by hulle op die plaas gebly het, as baie vriendelik, bedagsaam en hulpvaardig. Ons het altyd heerlik daar gekuier en op pad terug De Aar toe, het ons net gou by Richmond gestop om by vriende van my pa te gaan kuier. Alhoewel my pa daarvan gehou het om by vriende en famlie te gaan kuier het, het my pa 'n beleid gehad om nie lank by mense te kuier nie. Hy het geglo dat hulle nooit moet wens dat jy moet ry nie.
Hierdie beleid kom van sy pa, my oupa Jan af: "Mense moet nog verlang na jou, dan moet jy al op pad wees." Dit is 'n siening wat ek my hele lewe deur gehandhaaf het.

Thursday, 13 December 2018
Oom Koos Boudjies van Murraysburg
Ons het baie vakansies by my oupas en oumas in Murraysburg gaan kuier. Daar was regtig baie om te doen. Hannes Venter, ons bure se seun op De Aar, het soms saam met ons gegaan, want sy laatlamsussie was meer as 15 jaar jonger as hy, as ek reg onthou. Dus was hy maar soos 'n enigste kind wat meer by ons was, as by sy eie huis.
My oupa-hulle het 'n hoekhuis in die hoofstraat gehad, 'n taamlike groot erf, want hy het ook 'n werkswinkel op dié erf gehad. In daardie jare was daar nog buitetoilette en dit was 'n hele ent van die huis af. Oom Koos Boudjies, met sy perdewa, was die man wat verantwoordelik was vir die "nagkar". Omdat ons nie in Murraysburg gebly het nie, maar net baie daar gekuier het, weet ek glad nie wat Koos Boudjies se van was nie. Die omie was kort en ek lei af dat dit aanleiding gegee het tot sy bynaam.
(Dalk was hy Koos Grové ...?)

Tuesday, 11 December 2018
"Kom ons gaan kuier vir my juffrou ..."
Vir ons as kinders was dit altyd snaaks as my pa sê dat ons vir sy juffrou moet gaan kuier ... In ons verwysingsraamwerk as laerskoolkinders gaan kuier 'n mens nie vir jou juffrou nie!
My pa was op Murraysburg op skool. Sy een juffrou was mev. Myburg, maar wat haar nooiensvan was, weet ek glad nie. My pa is in 1902 gebore, dus was hy seker gedurende 1908 - 1913 in die laerskool. Sy juffrou was getroud met 'n plaasboer in die omgewing van Hanover en baie jare later het hulle vriende geword. Ons het vir hulle op die plaas gaan kuier en hulle het weer op hulle beurt vir ons in De Aar kom kuier. Hulle het twee seuns en 'n dogter gehad, wat selfs nadat hulle klaar met skool was, vir ons kom kuier het. Hulle dogter is met 'n ene Van der Merwe van De Aar getroud. Ons het kontak met hulle verloor toe hulle Pretoria toe getrek het.
Een spesifieke kuier staan my nog helder voor gees. My oudste broer was nie baie lus vir die plaaskuier nie, maar in daardie jare het ouers nie met kinders onderhandel nie en moes hy teen wil en dank saam. Hy het egter 'n fiets in die hande gekry en die hele ent pad van Hanover tot in De Aar gery - hierdie 45 km was daardie jare grondpad! Dat dit 'n uitputtende rit moes gewees het, het hy egter nooit teenoor iemand erken nie!

Thursday, 6 December 2018
Murraysburg - 'n juweel
Wat 'n aangename verrassing toe ek die verwysing na my blog op Murraysburg se FB-blad kry. Ek reis deesdae selektief op my tablet en in my geheue, wat uit die aard baie voordele vir my inhou - dit is fisies minder uitputtend, die hoë brandstofrekening voel ek nie aan my sak nie en die verval van dorpies en paaie is nie so 'n sigbare seeroog vir my nie. Natuurlik het hierdie manier van reis ook nadele, maar daarmee moet ek maar vrede maak - op 87 besluit jou lyf vir jou wat jy kan en nie meer kan doen nie.
Ek lees van die Karoo Stilfees wat eersdaags weer in Murraysburg plaasvind en ek kan nie aan 'n beter plek dink as die populierbos om dit te doen nie. Ek staan verstom oor al die aktiwiteite wat daar in dié dorpie aangepak word en ek besef duidelik, jou dorp is wat sy inwoners bereid is om in te sit ... Is ons maar nie almal rentmeesters nie?
Ek plaas graag die volgende adresse om 'n bietjie deur die wêreld te reis waar menswees 'n verskil maak.
https://www.countrylife.co.za/travel/making-it-in-murraysburg
Ek lees van die Karoo Stilfees wat eersdaags weer in Murraysburg plaasvind en ek kan nie aan 'n beter plek dink as die populierbos om dit te doen nie. Ek staan verstom oor al die aktiwiteite wat daar in dié dorpie aangepak word en ek besef duidelik, jou dorp is wat sy inwoners bereid is om in te sit ... Is ons maar nie almal rentmeesters nie?
Ek plaas graag die volgende adresse om 'n bietjie deur die wêreld te reis waar menswees 'n verskil maak.
Tuesday, 4 December 2018
My hart-GPS ...
![]() |
| Foto: René Theron (renetheron@mweb.co.za) |
Die Karoo waar 'n mens die waarde, die belangrikheid en die diepte van menswees leer ken het. 'n Mens is geneig om die plek waar jy grootgeword het, te idealiseer en onmiddellik is dit die dorpsnaam wat ek wil gee. Maar ek het die groot fout gemaak om onlangs my grootworddorp weer te besoek... Gate, rommel, stukkende pype, omgestote grafstene, met beeste wat tussen die graftes loop en stukkende en vervalle geboue ... Ek was verslae en geskok. Die agteruitgang van die dorp is 'n skreiende skande. En ek trek onmiddellik die naam De Aar in my gedagtes dood.
Gelukkig kan ek met groot lekkerte aan Murraysburg terugdink. Ek sal die koördinate van Murraysburg gee as my hartsdorp. Die dorp waar my oupas en oumas van pa en ma se kant af geboer het. Waar kindertyd se speel in die strate, op koppies en tussen rante nog 'n glimlag op my gesig sit, want ek het ook hierdie dorpie besoek en ek kon my kleintyd se voetspore vind ...
Subscribe to:
Posts (Atom)