Wednesday 17 January 2018

'n Wewenaar met 'n dwalende oog...

Die ou mense het baie humor gehad en as 'n mens vandag terugdink, dan moes jy net mooi geluister het, want hulle het dikwels 'n storie sommer so in die lug laat hang en jy moes jou eie afleidings maak...

My skoonpa, Tom (Thomas Henry) Roselt, het eendag 'n man, ene Badenhorst, op die dorp raakgeloop. Hy was vir die soveelste keer weer wewenaar, maar die man het ook nie eens lank gerou nie, dan staan hy weer met die volgende mev. Badenhorst voor die kansel.

Dit was tydens een van sy wewenaarskappe wat my skoonpa vir hom sê: "Ag nee, man, jy is besig om die vrouens uit te roei!"