Deesdae is heuning 'n luuksheid en binnekort 'n "skaarsheid" as ek sien hoe die arme heuningby teen al die elemente om oorlewing moet veg. Geen maklike taak vir 'n by nie!
Ons het 'n laning turksvye aan die straatkant van die erf gehad en voor hierdie laning het drie byekorwe gestaan. Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar daardie jare was die bye meer "mensvriendelik." My pa het nie die bye uitgerook of 'n beskermingspak aangetrek as hy die heuning gaan uithaal het nie. Slegs met 'n net oor sy gesig, het hy skottels vol heuningkoeke uitgehaal. En dan het hy die heuningkoeke in skottels gesit, sodat die heuning kon uittap.
Ek herinner my ook 'n keer dat hy by 'n reeks koppies naby die meent waar die diere bedags gewei het, heuning tussen die klippe uitgehaal. Dit was wilde bye en hy het geen probleme ondervind nie. As ek vandag terugdink met hoeveel gemak hy dit gedoen het, wonder ek hoekom vandag se bye so aggressief is?
Hierdie veldheuning het 'n besondere smaak gehad en vandag besef ek hoe bevoorreg ons was om die goue nektar daagliks op ons etenstafel te kon hê.
Kindervoetspore wat in die Karoo begin het ...
Showing posts with label De Aar. Show all posts
Showing posts with label De Aar. Show all posts
Thursday, 13 December 2018
Tuesday, 11 December 2018
"Kom ons gaan kuier vir my juffrou ..."
Vir ons as kinders was dit altyd snaaks as my pa sê dat ons vir sy juffrou moet gaan kuier ... In ons verwysingsraamwerk as laerskoolkinders gaan kuier 'n mens nie vir jou juffrou nie!
My pa was op Murraysburg op skool. Sy een juffrou was mev. Myburg, maar wat haar nooiensvan was, weet ek glad nie. My pa is in 1902 gebore, dus was hy seker gedurende 1908 - 1913 in die laerskool. Sy juffrou was getroud met 'n plaasboer in die omgewing van Hanover en baie jare later het hulle vriende geword. Ons het vir hulle op die plaas gaan kuier en hulle het weer op hulle beurt vir ons in De Aar kom kuier. Hulle het twee seuns en 'n dogter gehad, wat selfs nadat hulle klaar met skool was, vir ons kom kuier het. Hulle dogter is met 'n ene Van der Merwe van De Aar getroud. Ons het kontak met hulle verloor toe hulle Pretoria toe getrek het.
Een spesifieke kuier staan my nog helder voor gees. My oudste broer was nie baie lus vir die plaaskuier nie, maar in daardie jare het ouers nie met kinders onderhandel nie en moes hy teen wil en dank saam. Hy het egter 'n fiets in die hande gekry en die hele ent pad van Hanover tot in De Aar gery - hierdie 45 km was daardie jare grondpad! Dat dit 'n uitputtende rit moes gewees het, het hy egter nooit teenoor iemand erken nie!

Tuesday, 4 December 2018
My hart-GPS ...
![]() |
| Foto: René Theron (renetheron@mweb.co.za) |
Die Karoo waar 'n mens die waarde, die belangrikheid en die diepte van menswees leer ken het. 'n Mens is geneig om die plek waar jy grootgeword het, te idealiseer en onmiddellik is dit die dorpsnaam wat ek wil gee. Maar ek het die groot fout gemaak om onlangs my grootworddorp weer te besoek... Gate, rommel, stukkende pype, omgestote grafstene, met beeste wat tussen die graftes loop en stukkende en vervalle geboue ... Ek was verslae en geskok. Die agteruitgang van die dorp is 'n skreiende skande. En ek trek onmiddellik die naam De Aar in my gedagtes dood.
Gelukkig kan ek met groot lekkerte aan Murraysburg terugdink. Ek sal die koördinate van Murraysburg gee as my hartsdorp. Die dorp waar my oupas en oumas van pa en ma se kant af geboer het. Waar kindertyd se speel in die strate, op koppies en tussen rante nog 'n glimlag op my gesig sit, want ek het ook hierdie dorpie besoek en ek kon my kleintyd se voetspore vind ...
Subscribe to:
Posts (Atom)