Wednesday 17 January 2018

'n Wewenaar met 'n dwalende oog...

Die ou mense het baie humor gehad en as 'n mens vandag terugdink, dan moes jy net mooi geluister het, want hulle het dikwels 'n storie sommer so in die lug laat hang en jy moes jou eie afleidings maak...

My skoonpa, Tom (Thomas Henry) Roselt, het eendag 'n man, ene Badenhorst, op die dorp raakgeloop. Hy was vir die soveelste keer weer wewenaar, maar die man het ook nie eens lank gerou nie, dan staan hy weer met die volgende mev. Badenhorst voor die kansel.

Dit was tydens een van sy wewenaarskappe wat my skoonpa vir hom sê: "Ag nee, man, jy is besig om die vrouens uit te roei!"

Tuesday 16 January 2018

Opvoedingstyle in families verskil van mekaar...

As ek aan my pa dink, dink ek aan iemand wat glad nie daaraan geglo het om sy kinders pak te gee nie.
My pa met my op sy arm.
Hy was iemand met 'n sagte hart wat baie lief vir kinders was.

'n Herinnering wat 'n groot glimlag op my gesig sit, was toe Hannes, Boetie (Petrus van der Merwe, Danie van Kleinbrak se oudste broer) en Boy (Oom Pienie se seun, Daphné se broer) besluit het om weg te loop. Hulle was klein en die drie tjokkertjies het na Boy se oupa se plaas geloop.

Hierdie weglopery van die nefies het nie die ouers se goedkeuring weggedra nie en hulle het besluit om hulle 'n pak te gee. Twee van die drie nefies het deurgeloop, maar omdat dit nie by die opvoedingstyl van my pa gepas het nie, het hy nie kans gesien daarvoor nie. Uitkom uit die situasie kon hy ook nie eintlik nie en dit is toe dat hy sy oudste suster, Auntie Annie, wat op daardie stadium by ons gekuier het, vra of sy nie asseblief vir Hannes sal slaan nie. As ek reg onthou het hy haar 5 sjielings aangebied.

Maar daarvoor het sy ook nie kans gesien nie... Hannes was die enigste een van die nefies wat nie pak gekry het nie... Maar die boodskap was dieselfde!!

Sunday 14 January 2018

My bure in die jare 60...

Ons bure skuins agter ons in die sestiger jare was Jurie en Celie Doman. Ons kinders het altyd Vrydae
Iets soortgelyk... dis so jammer 
ek het nie 'n foto daardie 
tyd geneem nie.
by mekaar gespeel en dan het ons hulle sommer so oor die draad getel.. Een Vrydagmiddag het Monica by Alda kom speel en die volgende Vrydag het Alda weer daar gaan speel.

Celie was 'n kinderkransleidster en daarom het Alda van baie jongs af Kinderkrans toe gegaan... Sy was so tussen drie en vier jaar oud en was in Celie se klas... ongeveer 1963.

Jurie was 'n man wat daarvan gehou het om poetse te bak en ook om iets kreatief te maak. Hy was regtig vaardig met sy hande. Hy het ongeveer in daardie tyd 'n ou stukkende bus gekoop en dit omskep in 'n woonwa. Hy het jare aan hierdie projek van hom gewerk en beter kon jy nie sommer kry nie... Hy het 'n netjiese stukkie werk gedoen en ons bure het so van tyd tot tyd daar gaan inloer om te sien hoe vorder die projek. Hierdie was letterlik 'n huis op wiele, want hierdie bus het meer as genoeg ruimte gehad... Voordat ons die finale produk kon sien, is hy Kokstad toe verplaas en het hy die bus Strydenburg na sy pa-hulle toe gevat. Jurie het vele aanbiedinge gehad om die bus te verkoop wat hy dan later ook gedoen het.. Was dit die eerste van sy soort - wat sou 'n mens dit noem? Dalk 'n buskaravaan?

Ek sien op die internet dat dit deesdae nie meer 'n skaars item is nie.  

Ons buurmanne, ek, Fanie, Jurie en nog een of twee in die blok, was omtrent almal op die kerkraad. Een spesifiek Sondag was Jurie nie in die kerk nie en ek bel hom. Nadat ons gegroet het, vra ek toe aan hom: "Broer, hoekom was jy nie in die kerk nie?" Hy moes my vir die nuwe dominee, ds. Willem Steenkamp, aangehoor het, want hy het behoorlik klei getrap tussen al die verskonings...

Baie jare later het hulle gaan aftree op Strydenburg in die Noord-Kaap! Hulle het in dieselfde huis as sy ma-hulle gebly en op daardie stadium was hy burgemeester van die dorp, net soos sy pa baie baie dekades voor hom.

Strydenburg is een van daardie klein dorpies waar daar nie baie gebeur nie. Een Desember toe Henry-hulle van die Kaap af kom, ry hulle deur Strydenburg en besluit om sommer brandstof in te gooi. Die petroljoggies het so teen die muur gehurk en toe Henry hulle vra wat hulle hier in Strydenburg maak, was sy antwoord: "Meneer, hier haal ons nog net asem."

Monday 8 January 2018

Interessante berekenings...

The rand is currently enjoying one of its longest winning streaks since 2002, with the currency trading at R12.37 to the dollar on Monday, 8 January.

This means that those looking to travel internationally may find that they will be getting the best bang for their buck right now. BusinessTech looked at what R100 can get you at current prices around the world:
  • UK: £5.96
  • USA: $8.08
  • Australia: AU$10.30
    So 'n terugblik op ons vlug Kaap
    toe in 2005 vir 'n kort vakansie
    in Gordonsbaai. Ek, Jane en 
    Alda. Die fotograaf was Henry!!
  • Germany: €6.73
  • Brazil: R$26.1
  • China:  52.36 Yuan
  • Dubai: 29.67 dirham
  • Canada: C$10.03
  • Thailand: 263.15 Baht
The prices below are not meant to demonstrate purchasing power parity and do not serve as an equal-weighted price comparison – it is simply a guide on how South African travellers should budget, should they want to engage in ‘leisure’ activities while touring.



















[https://businesstech.co.za/news/finance/218267/heres-
what-r100-buys-you-around-the-world-right-now-2/]

Ek bly maar lief vir syfers... Maar miskien is die heel beste
op hierdie stadium vir my om maar te bly waar ek is.

Friday 5 January 2018

Wednesday 3 January 2018

Kersvakansiepeuselhappies...

Al die kouery en heerlike etery gedurende die Kersweek, tel
gelukkig nie!!! 'n Mens peusel mos baie meer as die kinders
en kleinkinders kom kuier!! Maar het my lyf al die boodskap
gekry... dit voel nie so as ek my broeke aantrek nie!!!   

Tuesday 2 January 2018

My kykertal...

My storietjies en gedagtes teken ek maar op vir die kinders, maar veral vir die kleinkinders, sodat hulle darem so 'n ietsie van hulle oupa en ouma kan lees, as hulle eendag tot ruste kom... deesdae se kinders lewe mos teen dubbelspoed... verder lees hulle mos net dinge wat op internet is... so daarom het ek maar besluit om dit vir hulle makliker te maak... ek beweeg toe op hulle terrein!
Hulle sê mos: "If you can't beat them, join them!"  

Monday 1 January 2018

My lesertal - op 1 Januarie 2018

5115 besoekers - 'n patroongetal op hierdie nuwe jaar.

Mag 2018 'n geseënde jaar wees...