My neef Pienaar van der Merwe, sommer in die wandel as Toy bekend, was die seun van oom Danie en tannie Stompie van der Merwe. Oom Danie was my ma Nellie se broer. Hulle het regoor die Rooms Katolieke kerk en skool gebly. En met 'n skool wat enkele treë van hulle voordeur af was, was daar geen twyfel waar hierdie nefies van my sou skoolgaan nie.
Hierdie Engelse nefies het wel saam met ons na die Afrikaanse Hoërskool gegaan.
My broer Piet is weer Petrus Van der Merwe Pienaar gedoop, maar omdat almal so 'n draai deur Murraysburg gemaak het, hetsy van pa of ma se kant af, is die sakie sommer met gepaste byname reggestel. Op hierdie manier kon daar nie verwarring bestaan oor die persoon ter sprake nie...
Toy is getroud met Henna en hulle het twee seuns gehad. Die oudste seun is oorlede en nie lank daarna nie, is Toy ook oorlede. Henna het maar teruggetrek De Aar toe - die plek waar 'n mens se kinderspore nog helder voor jou geestesoog lê.
Kindervoetspore wat in die Karoo begin het ...
Tuesday, 20 November 2018
Monday, 19 November 2018
Die donkie met 'n missie ...
As die jongste van drie seuns, het ek dikwels so agter die groteres aangetou, wat my duidelik nie altyd in hulle planne ingesluit het nie, dan was daar Hannes Venter, die bure se seun, so omtrent broer Piet se ouderdom, en dan het ons nefies ook nie ver van ons af gebly nie. In kort, was daar altyd iets vir ons seuns om te doen!
My ma het so twee keer 'n week brood gebak as ek reg onthou ... En omdat ons net seuns was, is daar van ons verwag om hand by te sit, hetsy met die sif van die meel of die knie van die deeg.
Een aand so teen skemer, terwyl my ma besig was om die meel te sif, verdwyn Piet en Hannes na buite (en ek agterna) en so saam met die bure se seuns gewaar hulle 'n donkie wat voor ons huis verby loop, duidelik met 'n missie.
Dadelik skiet die blink gedagte hulle te binne om die donkie te vang en te ry. Die gedagte was nog nie eens behoorlik verwoord nie, toe het die donkie die pad oorgesteek en reg voor die stasiemeester, mnr. Van Aswegen, se motor ingeloop. Nodeloos om te sê dat ons ons koud geskrik het, en dit voordat ons nog tot aksie oorgegaan het. Almal bondel terug in die kombuis en waar daar eers 'n onwilligheid was om te sif, was daar toe te veel hande!

Sunday, 18 November 2018
Toebroodjies van my herinneringe ...
Die woord toebroodjies roep baie herinneringe by 'n mens op - die eerste is miskien die toebroodjie in jou skoolkosblik wat deur die jare so van gedaante verander het, dat vandag se kinders hulle neuse sal optrek vir daardie toebroodjies.
Ek kan nie presies onthou wat my ma altyd op ons toebroodjies gesit het nie - daar is egter 'n vae herinnering van onder andere konfyt op ons broodjies. Wat my toebroodjies besonder gemaak het, was die ruilwaarde wat dit tydens pouse gehad het, veral in die laerskool. Frans Cilliers, een van die leerders in my klas wat naby die skool gebly het, het altyd roereier op sy broodjies gehad. Hy kon nie wag om sy toebroodjies met myne te ruil nie, en ek was maar te gewillig om te ruil. (Eier is vandag nog baie hoog op my lys van gunsteling kossoorte - in enige vorm. Jane het altyd gesê dat as iemand my in die middel van die nag sou wakkermaak en 'n eier na my kant toe gooi, sal ek raakvang, maak nie saak hoe deur die slaap ek is nie.)
Jane kon altyd die heerlikste kosblikke vir die kinders pak en nooit was een dag se vulsel dieselfde nie. 'n Blou Maandag se toebroodjies het gewoonlik weerspieël wat Sondag op die tafel was ... bobotie, snytjies dun boudvleis of gebakte hoender. Gerasperde kaas, poeierbiltong en grondboontjie met stroop was ook groot gunstelinge. Nooit het sy 'n vulsel gedurende die week herhaal nie en sy het altyd gesê dat 'n mens kos met liefde moet maak. Die toebroodjies is dan keurig in waspapier toegedraai, voordat dit in die kosblik gesit is. Vir tweede pouse het sy altyd vrugte vir die kinders ingesit. Ons het daardie jare soveel vrugtebome gehad, dat daar altyd vrugte deur die jaar was, vye, druiwe, perskes, pruime, appelkose, granate, kwepers, nartjies, lemoene, ens. (Aarbeie, waatlemoen, spanspek en grenadella was ook volop). Met deesdae se geweldige hitte, min reën en my min energie, is al my vrugtebome met sitrusbome vervang ... hulle kan so half en half gelos word, en dan dra hulle nog steeds vrug!!
'n Ander toebroodjie wat my helder voor gees staan, is die destydse reënboogtoebroodjie. In die sewentigerjare was dit veral gewild by kerkvergaderings, begrafnisse en orals waar 'n bordjie eetgoed ter sprake was. Dit is altyd in driehoekies gesny, met gesnipperde blaarslaai tussenin. Ek het gegoogle om te kyk of ek 'n foto ter illustrasie kan kry, maar helaas kon ek net moderne reënboogtoebroodjies kry.
En dan was daar Jane se padkostoebroodjies ... saam met 'n gebakte boudvleis of hoender wat sy altyd so deur die nag in die oond gebak het. Die wiele het skaars begin draai of dit voel vir my dis tyd vir padkos ... op pad Hartenbos toe, het ons sulke gereeld stoppunte gehad en heerlik by die tafeltjie en stoeltjies langs die pad afgetrek. Medepadverbruikers het dikwels die toeter gedruk en uitbundig gewaai, want hulle is ook op pad see toe! Almal het 'n fles of twee gehad waarin koffie gemaak was - ons een wat die langste gehou het, was so 'n blou-en-wit-gestreepte een - fleskoffie het mos sy eie smaak. Later het dit so 'n flouerige blouerige smaak en kleur. Deesdae is daar by elke garage petrol en koffie beskikbaar - ek wonder watter een van die twee is die duurste.

Sunday, 23 September 2018
My huidige gespreksgenoot ...
Van al die vierpotiges wat al my pad gekruis het, gee hierdie een my die meeste vreugde. Murphy kommunikeer baie duidelik en as sy nie van iets hou nie, dan laat sy jou geensins in die duister nie. Sy het die gewoonte om deur die loop van die dag altyd 'n lekkernytjie by my kamervenster te kom vra. Sy staan op haar agterpote en het die vra-dans al behoorlik vervolmaak. Geen mens kan haar snoepgoed weier, as sy só mooi vra nie. Verlede week besluit ek om net een happie vir haar te gee, i.p.v. die gebruiklike kwota. Sy het net eenvoudig daaraan geruik, daarna gekyk en dit geïgnoreer. Eers toe ek vir haar nog gee, het sy dit geëet. Hierdie gedrag het ek by herhaling getoets - sy is nie tevrede met een snoepwieletjie of -stokkie nie, sy wag vir meer!
Ek besluit toe om haar eergister te bad, sodat sy darem net 'n bietjie skoner daar uitsien. Ek kan nie meer so lank staan nie, gevolglik het ek haar maar vinnig gebad en nie deeglik soos altyd nie. Ek gaan sit toe op die draadstoel, met haar aan die leiband sodat sy kan droog word, voordat ek haar weer haar vryheid gee. En daar by my voete, lê en lek sy haar bene en kyk vir my - so asof sy vir my sê dat ek halwe werk gedoen het en nie haar bene gewas het nie. Toe ek besluit dat sy nou droog genoeg is, maak ek haar los en voor ek by die agterdeur is, kom staan sy voor my - so vuil soos voor die badpoging! Sy het letterlik toe ek my rug draai, 'n draai deur die grond gemaak en net vir my kom wys dat alle pogings tot "skoonheid" futiel is. Sy moet dan maar vir die veearts in haar sandjas gaan kuier - dit blyk my dit is haar ware kleure!

Sunday, 16 September 2018
Die bekende dr. Joseph van Douglas
Jane het die Josephs geken, omdat sy ook van daardie wêreld gekom het, maar ek het hom eers heelwat later leer ken.
'n Interessante mens wat sy praktyk baie uniek bedryf het. Hy het sy eie medisyne gemaak (aangesien hy ook aptekerswese tot op 'n punt geswot het, as ek sy vertellinge reg onthou) en hy het veral gespesialiseer in rumatiekmedisyne (in daardie jare het ons na alle gewrigspyne verwys as rumatiek). Dokters van oor die land heen, het hom besoek, selfs Amerikaners het by hom 'n draai gemaak. Ek sou wat wou gee om vandag my hande op daardie botteltjie met pilletjies vir rumatiek te kan lê.
Ek onthou een spesifieke besoek baie goed. Martie (Jane se suster) het by ons gekuier (na Willie se dood) en sy het ook vir haar 'n afspraak by dr. Joseph gemaak. Ek het op daardie stadium gewerk, Jane was 'n tuisteskepper, Martie was op pensioen en Alda was 'n student. Nie een van ons het dieselfde konsultasiefooie betaal nie.
Arm mense het hy verniet behandel en in daardie jare (die laat 70's) het hy reeds sy eie apteek in sy spreekkamer gehad. Sy eie medisynemengsels was wel bekend en gewild en om kostes te spaar, het sy pasiënte leë medisynehouers aangedra, wat hy daardie tyd al herwin het. As ek nou so terugdink, was dr. Joseph 'n milleniumdokter, een wat sy praktyk ligjare die toekoms in bestuur het. Hy was ook so half ouderdomloos. Dit was moeilik om te skat hoe oud hy was, ek vermoed toe ons paaie gekruis het, was hy al 'n hele klompie jare verby aftree-ouderdom.
Een van sy liefdes was skryf. Hy het graag oor mense geskryf, maar nooit hulle identiteit of die Karoodorpies se name bekend gemaak nie. Hy het die boekies wat hy geskryf het, in Engels en in Afrikaans sommer self uitgegee. En toe hy dit wil verkoop, het die Medisyneraad (of wie hulle ook daardie tyd was), 'n netjiese stokkie daarvoor gesteek. Dit het hierdie begeesterde man nie ondergekry nie en hy het hulle vir sy pasiënte uitgedeel wat lief was vir lees.
Ek haal graag uit een van sy boekies aan - 'n treffende begin:
"Die twintigste eeu was maar tien jaar en vier dae oud toe my moeder die lewe aan 'n seun geskenk het. Daardie seuntjie was ek. Vir my ouers was dit 'n dag van besondere betekenis, omdat hulle 'n seun ryker geword het. Lank voor my geboorte het hulle besluit dat as die baba 'n seun is, hulle hom vir 'n dokter sou laat leer. My vader wou baie graag een geword het, maar hy het nie die geleentheid of voorreg gehad nie.
Destyds het honderde mense diamante gedelf, en waar ek gebore is, is duisende diamante uitgehaal. Die klein sinkhuisie waarin ek gebore is, is later afgebreek en die gruis onder die huis omgekeer. Vier mooi 'klippies' is daar gevind en die geld wat my vader daarvoor gekry het, het die onkoste van my geboorte maklik gedek. Ek is letterlik op diamante gebore! Daardie selfde plasie is vandag my eiendom en weens sentimentele en ander redes kan geld hom nie koop nie.
Toe ek drie jaar oud was, het my ouers besluit om ses maande in die buiteland vakansie te gaan hou. Terwyl ons daar was, het die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek. Ses jaar lank was ons daar vasgekeer en saam met duisende ander het ons byna van honger omgekom. Maande aaneen het ons van gekookte gras gelewe. Vir 'n kort rukkie was ek toegelaat om bloed by die militêre slagpale bymekaar te skraap. Dit het ons gekook en geëet."

Saturday, 8 September 2018
Kobie Linde se dagboek ...
Ek het vanjaar ds. Kobie Linde se boek nadergetrek om stilte uit te hou. Kobie Linde en sy vrou, Engela (die baie bekende skryfster, het vir 6 maande langs ons gebly. Hulle het by Fanie en Henriëtte Vermaak loseer. Dit was November 1960. Hy was op daardie stadium 'n proponent en het sommer gou die bynaam van "Proppie" gekry. Desember 1960 kon ds. Willem Steenkamp met 'n geruste hart vakansie gaan hou, want prop. Linde het as leraar ingestaan en gepreek.
Gedurende hierdie 6 maande het hy aktief saam met ds. Willem in Dutoitspan gemeente gewerk, terwyl hy vir 'n beroep gewag het. Ons het soos goeie bure betaam, oor en weer gekuier. Hy het toe so teen die einde Mei 'n beroep na Kameelboom in die Kalahari naby die grens met Botswana gekry. 'n Hele klompie jare later het sy paaie weer met Kimberley gekruis, toe hy 'n beroep na die NG Gemeente Newton (vandag Kimberley Gemeente) aanvaar het. Hiervandaan is hy na die militêre gemeente in Kimberley as kapelaan beroep, toe Grahamstad en vandaar het hy vir baie jare as kapelaan in Potchefstroom diens gedoen.
Seker maar oor ek die skrywer geken het, dat ek 'n gevoel van heimwee ervaar, elke keer as ek sy dagstukkies lees. Dis asof ek die man hoor - so anders as bv. met ds. Solly se dagstukkie-boeke.
Gedurende hierdie 6 maande het hy aktief saam met ds. Willem in Dutoitspan gemeente gewerk, terwyl hy vir 'n beroep gewag het. Ons het soos goeie bure betaam, oor en weer gekuier. Hy het toe so teen die einde Mei 'n beroep na Kameelboom in die Kalahari naby die grens met Botswana gekry. 'n Hele klompie jare later het sy paaie weer met Kimberley gekruis, toe hy 'n beroep na die NG Gemeente Newton (vandag Kimberley Gemeente) aanvaar het. Hiervandaan is hy na die militêre gemeente in Kimberley as kapelaan beroep, toe Grahamstad en vandaar het hy vir baie jare as kapelaan in Potchefstroom diens gedoen.
Seker maar oor ek die skrywer geken het, dat ek 'n gevoel van heimwee ervaar, elke keer as ek sy dagstukkies lees. Dis asof ek die man hoor - so anders as bv. met ds. Solly se dagstukkie-boeke. Tuesday, 4 September 2018
My genadeblommetjies!
Deesdae is tuinmaak 'n luukse wat ek nie meer kan doen nie. My hande jeuk om in die tuin te vroetel, maar my vervaldatum vir tuinmaak het helaas aangebreek. Daarom verlustig ek my in al hierdie genadeblommetjies wat hulle bydrae tot kleur in my tuin in hierdie droë seisoen ongevraagd gee.
Sunday, 29 July 2018
Die langafstandverhouding blom ...
Murphy het 'n spesiale bed vir dié winter gekry. En sy was baie in haar skik met hierdie onverwagse meevallertjie. Dié bed is "ingevoer" van Durban waar Henry dit gedurende die vakansie by 'n aandmark raakgeloop het. Hy soek al jare na 'n geskikte bed - snoesig, lekker gestop, sag, mooi en Murphy-vriendelik.
By elke kunstefees is die beddens besigtig, bevoel en helaas te lig bevind, selfs die beddens by die troeteldierwinkels was net te Chinees vir die besondere hond. En toe is daar 'n stalletjie wat hierdie beddens individueel vervaardig... nogal teen 'n sakvriendelike prys!
Op een van die foto's straal die dankbaarheid uit Murphy se honde-oë! Die eerste week nadat sy die bed gekry het, het sy soos 'n pensioenaris eers 9:00 in die oggend uit die waskamer gekom en sommer net na vieruur, as ek haar kos vir haar gegee het, gaan inkruip. Van my "waghond" was daar niks oor nie; ek het al begin planne maak om vir ons twee 'n ander waghond te kry - maar 'n nuutjie is nie vir altyd nuut nie - 'n week later is sy haar ou self... vroeg soggens aan die hardloop, blaf en lekkernye bedel by die venster!
Dankie, Henry!!
By elke kunstefees is die beddens besigtig, bevoel en helaas te lig bevind, selfs die beddens by die troeteldierwinkels was net te Chinees vir die besondere hond. En toe is daar 'n stalletjie wat hierdie beddens individueel vervaardig... nogal teen 'n sakvriendelike prys!
Op een van die foto's straal die dankbaarheid uit Murphy se honde-oë! Die eerste week nadat sy die bed gekry het, het sy soos 'n pensioenaris eers 9:00 in die oggend uit die waskamer gekom en sommer net na vieruur, as ek haar kos vir haar gegee het, gaan inkruip. Van my "waghond" was daar niks oor nie; ek het al begin planne maak om vir ons twee 'n ander waghond te kry - maar 'n nuutjie is nie vir altyd nuut nie - 'n week later is sy haar ou self... vroeg soggens aan die hardloop, blaf en lekkernye bedel by die venster!Dankie, Henry!!
Monday, 9 July 2018
My fiets ...
![]() |
| Hier is die kwitansie en kyk hoe is sommige woorde in 1955 gespel! |
Sunday, 8 July 2018
Ten spyte van ...
Saturday, 7 July 2018
Saturday, 30 June 2018
Thursday, 21 June 2018
Wintersknieë ...
![]() |
| In die dae voor die groot staking ... |
En ek stem heelhartig met Blouwillem van Volksblad-faam saam dat my ou lyf al hoe meer na 'n ESKOM-staking voel: Die meeste van die tyd op strike, maar daar is darem nog so hier en daar 'n bietjie krag wat deurkom!
Sunday, 10 June 2018
Die langafstandhond...
Daar is langafstand-verhoudings, afstandsonderrig en derglike dinge, maar ek is die voog van 'n langafstandhond... Murphy is eintlik Henry se hond. Hy sorg vir die hond, koop kos en lekkernye (veral lekkernye), sjampoo en Bob Martins. En dan is daar die veeartsrekeninge wat met liefde betaal word, omdat die hond van tand tot toon, in 'n tip-top-kondisie moet wees.
Wanneer Henry hier gekuier het, is sy skoon geskrop... En dan hou ek maar duime vas, dat die dame sal poog om haar nie onnodig vuil te mors nie, want vir my is dit 'n hele drama om haar deesdae te bad en droog te kry! Hier is sy na so 'n badsessie...

Saturday, 28 April 2018
Geselskapsdame...
Hier op my oudag het ek 'n geselskapsdame ... 'n Op en wakker
een! Party dae dink ek sy dink ek is te oud en gee te min aandag aan haar. Op
my beurt dink ek weer sy ly aan AGHS. Sy is hiperaktief en impulsief en handel op
die ingewing van die oomblik.
Haar aandag word maklik afgelei en sy skakel dikwels en
maklik van die een aktiwiteit na die ander oor. Sy vind dit moeilik om op een
ding te konsentreer. Rondhardloop is een van haar gunsteling aktiwiteite. 'n
Ander gunsteling is eet ... maar net snoepgoed ... kos is van minder belang. En
as sy die dag ongelukkig is oor my optrede, dan eet sy nie eers die lekkernye
wat ek so goedgunstiglik met haar deel nie. Ek moet regtig mooipraat om weer in
haar goeie boekies te kom. Een van die dinge wat haar regtig vies maak, is as
ek dorp toe gaan en ek maak haar in die agterste deel van die werf toe ... Sy
kan voorwaar 'n keel opsit!! En op hierdie manier verkondig sy dit aan die bure
dat ek nie daar is nie!
Verder sukkel sy om opdragte uit te voer, eintlik is sy ongehoorsaam,
maar ongelooflik nuuskierig. Sy weet wat by die bure aangaan, oorkant die
pad en in die straat ...
Maar is dit nie maar tipies van 'n Jack Russel nie??

Thursday, 29 March 2018
'n Balans...?
Ek was verlede week by die dokter, want na die griepinspuiting het ek gaan staan en griep kry!! So 'n paar algemene toetse en die bevinding is dat daar balans in my lewe is...
Murphy was veearts toe, maar volgens die veearts is dit pure aandagsoekery...

Tuesday, 20 March 2018
Murphy... (vervolg)
Murphy kom sit graag voor my kamervenster en beplan dan haar dag volgens my bewegings... Bly ek die dag in die kamer, om welke rede ookal, doen sy
dieselfde... maar net met meer aksie!! Sy wag die bure se hond in en lok 'n
deur-die-draad-geveg uit. Indien die hond aan die anderkant van die huis is,
bekruip sy voëls, geitjies of duiwe... Dié wat suksesvol gevang word en nie geëet word nie, word as
vredesoffer voor my kamervenster gesit. Nooit gedink dat dié hond wat so verfynd
en vol fiemies is, nog steeds eie aan hul natuur, haar jagtersinstinkte so
blatant sou blootstel nie.
Volgens alle aanduidings was sy 'n huishond... Sy hou van TV kyk en as sy op haar agterpote staan by die kamervenster, kan sy TV kyk...
Sy is baie liewer vir huiskos en groente en vrugte, as vir haar kos. As jy 'n nartjie, peer, lemoen, perske, tamatie, vy of wat ookal buite staan en eet, kyk sy dit uit jou mond uit! Vir jogurt is sy ongelooflik lief en eet dit graag met 'n lepeltjie uit die bakkie (net Henry het die geduld vir hierdie oefening...) en met roomys en jellie kan jy haar omkoop!
Verder is dit ook belangrik hoe die kos vir haar gegee word... indien enige van hierdie kos vir haar gegooi word, eet sy dit nie... Dit moet vir haar gegee word, verkieslik korrel vir korrel (in die geval van druiwe) of in blokkies gesny ( in die geval van waatlemoen...)
Ek het al hond se gedagtes gekry dat sy 'n vegetariër is, maar haar gunsteling vleiskossie is hoendervelletjies...
Sunday, 11 March 2018
My nuwe dieet?
Indien 'n mens na die nuus luister en kennis neem van listeriose wat in al die maklike kitskosse vir ons alleenlopers skuil, is dit miskien die beste om die dokter se dieet te volg... Met die pyne wat elke nou en dan sy kop op 'n ander plek uitsteek, kou ons al reeds klippe... die volgende probleemarea gaan seker ons gebit wees!!
Sunday, 4 March 2018
My liefdesdiens...
Die 26ste Februarie het ek gou my gebruiklike draai by die kerkkantoor gaan maak, om die finansiële inligting gou op die rekenaar te sit, toe ons dominee besluit om my aksies vas te vang - die resultaat het hy vir my aangestuur...
Monday, 5 February 2018
Baie dankie vir die gelukwensings!
'n Groot dankie aan elkeen wat my dag so spesiaal gemaak het. Dankie vir elke oproep, SMS, WA, handdruk by die kerk en die verrassingstee wat vir my gereël is. Ek waardeer elkeen van julle en voel geseënd om julle te ken.
Mag elkeen van julle ook die seëninge ervaar wat julle my toegewens het.

Subscribe to:
Posts (Atom)