Kindervoetspore wat in die Karoo begin het ...
Friday, 5 January 2018
Wednesday, 3 January 2018
Kersvakansiepeuselhappies...
![]() |
| Al die kouery en heerlike etery gedurende die Kersweek, tel gelukkig nie!!! 'n Mens peusel mos baie meer as die kinders en kleinkinders kom kuier!! Maar het my lyf al die boodskap gekry... dit voel nie so as ek my broeke aantrek nie!!! |
Tuesday, 2 January 2018
My kykertal...
My storietjies en gedagtes teken ek maar op vir die kinders, maar veral vir die kleinkinders, sodat hulle darem so 'n ietsie van hulle oupa en ouma kan lees, as hulle eendag tot ruste kom... deesdae se kinders lewe mos teen dubbelspoed... verder lees hulle mos net dinge wat op internet is... so daarom het ek maar besluit om dit vir hulle makliker te maak... ek beweeg toe op hulle terrein!
Hulle sê mos: "If you can't beat them, join them!"
Hulle sê mos: "If you can't beat them, join them!"
Monday, 1 January 2018
Sunday, 31 December 2017
Ek spreek seën oor jou uit:
# Ek seën jou met die vreugde van guns in God se oë en ook in die oë van ander.
# Ek seën jou met mense wat om jou inskuif en jou hande oplig en 'n pad saam met jou begin stap.# Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal deel.
# Ek seën jou met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde.
# Ek seën jou met God se wysheid in elke besluit van jou lewe.
# Ek seën jou met God se leiding, Sy guns en Sy genade oor jou.
# Ek seën jou talente, jou gawes en jou verhoudings.
# Ek seën jou finansies, jou besigheid en jou denke.
# Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam.
# Ek seën jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.
# Ek seën jou gesin, familie en jou drome.
# Ek seën jou om jou ware identiteit te vind in Christus.
# Ek seën jou met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom liewer kan maak vir jou nie, ook nie minder nie.
# Ek seën jou om daagliks Sy voorsiening te beleef, Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe.
# Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God nie.
"Die Here sal jou seën en jou behoed;
Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Die Here sal Sy aangesig oor
jou verhef en aan jou vrede gee"
Geseënd is jy, geliefde van God! Geseënde 2018!!
Ontvang die seën in die Naam van Jesus Christus!
[Ek deel graag hierdie seënwense wat ek vanoggend van my niggie, Ella Goosen, ontvang het, met almal wat hierdie blog besoek!]
Monday, 25 December 2017
Friday, 22 December 2017
Murphy!
Murphy...
die nuwe hond wat oor my drumpel getree het!
Hierdie is 'n hond met haar eie missie... Sy besluit self oor sekere
dinge en hoe dit gedoen moet word. Sy het baie onverwags en onbeplan in my lewe
gekom. Sy is ongeveer 'n jaar oud en het klaar 'n naam gehad - Spotty. Henry
reken egter dis 'n goeie naam vir 'n hond in die vroeë sestiger jare, maar 'n mens
noem nie meer jou hond "Spotty" nie - so 'n naamsverandering was
definitief haar voorland!!!
Sy het die 2de Desember haar intrek geneem. Ek en my buurman het haar
gaan haal. Skrikkerig en onseker het sy die terrein op haar tyd deurgeloop en
dit lyk my sy is nie te ontevrede met wat sy gesien het nie.
Intussen was ons al twee keer by die veearts. Die eerste keer het ek
haar met die leiband laat oefen om in die kar te klim, die tweede keer het sy
ingewip en op die sitplek gaan sit. Sy is nie 'n vloersithond nie. Sy wil sien
wat in die strate aangaan. By die veearts gekom, wip sy uit en stap in by die wagkamer en gaan sit op 'n stoel en wat
vir die veearts duidelik is, is dat hierdie 'n pasiënt is wat gebruik maak van
die stoele vir tweebeenmense!
Intussen het sy haar deeglik ingewurm in elke familielid se hart. Sy het
haar eie manier hoe sy elkeen hanteer, maar aan die einde van die dag, kom sit
sy langs my en kyk in my gesig vir goedkeuring.
![]() |
Die dame met die meeste "geite" in Kimberley,
innoverende planne en idees, baie nuuskierig, maar
tog so lojaal...
|
Saturday, 28 October 2017
Die Krismisroos...
![]() |
| Hier is so 3 foto's wat ek sommer met my selfoon uit die album afgeneem het. Die swart en wit foto is een Sondag na kerk geneem, met Ronell en Alda op die voorgrond! |
Ek het
hulle nietemin in die grond gesit en versorg en tot ons groot vreugde het hulle
gegroei en jaar na jaar vir ons bederf met armsvol blomme.
In 1968 het
ds. Siebert vir ons gewys hoe om die krismisroos te snoei om tot sy volle reg
te kom - baie blomme, maar kleiner of minder blomme, maar groter! Terwyl ek die
wingerd gesnoei het, het Jane die krismisroos gesnoei en het ons land en sand
gesels. Ons het elke jaar wingerdstokkies en krismisroosstokkies ingelê en
uitgedeel aan almal wat wou hê.
En elke
jaar was daar genoeg blomme vir ruikers in die kerk vir die Kersdiens, wat
dikwels dan na "Ons Huis" (die ouetehuis) geneem is, sodat hulle dit verder kan
geniet. Ons is ook met 'n klomp blomme na die begraafplaas toe... Dan het ons blomme
op die tweelinkie se graf gaan sit (hulle is op Kersdag 1958 gebore en oorlede) en sommer
dan ook op al die familielede en vriende wat nie meer daar is nie.
Die
krismisroos het in 'n hoek gestaan wat aan die straatkant van die huis is...
menigmaal het mense verby gery, foto's geneem, of selfs blomme gevra... Vanjaar,
na meer as 55 jaar van blomvreugde, het die droogte ook hier sy merk gelaat...
Ek wonder by wie ek weer 'n steggie kan kry, om die hoekie in die tuin, weer
tot sy reg te kan laat kom!!
Thursday, 26 October 2017
JC, voor die lang pad...
JC, dankie vir jou amper-met-vakansie-foto! Ek dink na 'n jaar van werk en studeer, gaan jy die vakansie dubbel en dwars geniet!
En as ek so na jou vakansiedrag kyk, sien ek dat ons altwee 'n voorliefde vir 'n keps het... Ek wonder waar my kruisbande is... miskien kan ek so 'n "tip" of twee weer by jou leen en 'n bietjie aan my voorkoms hier op my oudag werk... ek is natuurlik liewer vir 'n das, as 'n strikdas...
Geniet jou vakansie!!
En as ek so na jou vakansiedrag kyk, sien ek dat ons altwee 'n voorliefde vir 'n keps het... Ek wonder waar my kruisbande is... miskien kan ek so 'n "tip" of twee weer by jou leen en 'n bietjie aan my voorkoms hier op my oudag werk... ek is natuurlik liewer vir 'n das, as 'n strikdas...
Geniet jou vakansie!!
Saturday, 21 October 2017
Rose
Ek en Jane het
nog altyd 'n sagte plekkie vir hierdie besondere plant gehad. Selfs in
droogtetye het ons rose my altyd "ondersteun.".
Ons het 'n
roostuin eers voor in die erf gehad en later na ons sekere verbouings aan die
huis gedoen het, het ons dit na die kant van die huis geskuif. Elke jaar,
tydens spesiale geleenthede, het hierdie rose hulle kant gebring en kon ek met
elke verjaardag, Moedersdag, troudagherdenking en Kersfees vir Jane wakkermaak
met 'n roos in 'n potjie! My blommerangskikkingstalente is nie noemenswaardig
nie, maar ek het dikwels gehoor hoe sy en haar suster, Minnie, praat van "lyne"
of ongelyke getalle... Dit het ek so af en toe ingewerk in my handewerk as die "blomme-oes"
dit toegelaat het. Party datums het nooit binne die roosseisoen geval nie, maar
in al my getroude jare, het hulle hul kant gebring.
En toe kom
die groot en langdurige droogte, wat party plekke in die Noordkaap nou nog in 'n
wurggreep beet het. En die laaste van die roosbome vrek... hulle wat dekades
lank vir ons vreugde verskaf het... mooi om na te kyk en heerlik om te ruik...
Van waar
die herinnering aan die rose? Ek het
weer so 20 stokkies ingelê... ek probeer hulle so tussen die Kimberley-hitte
deur pamperlang... Net miskien is ek gelukkig om weer 'n tuin met roosbome te hê! 

Friday, 29 September 2017
Vakansieherinneringe...
Ons het as 'n gesin jaarliks vakansie gehou en heerlike herinneringe bymekaar gemaak. En vandag is dit deel van my kosbaarhede...
In my kop reis ek dikwels gou Murraysburg toe of Hartenbos toe - die oorslaapplekkies in Beaufort-Wes, Graaff-Reinett en ander, sit 'n glimlag op my gesig.
En om te dink dat die Septembervakansie 2016 in Knysna, lê sowaar al 'n jaar terug in die verlede...'n heerlike vakansie saam met die kinders en kleinkinders...
Henry het besluit om soveel kleinkinders as wat hy in die hande kan kry, wat weer op hulle beurt verlof kan kry, bymekaar te maak. Ons was 'n heerlike huisvol mense. Henry en Alda, JC, JJ en Janeke. Ongelukkig moes Gizela met 'n groep kinders gaan kamp. Gelukkig was sy die vorige jaar saam.
In Knysna is ek bederf met 'n bootvaart op die rivier, rondry tussen al die geskiedkundige plekkies, 'n inloer by die ou kerkies en heerlike braaie waarvoor JC en JJ verantwoordelik was.
Op my ouderdom kyk 'n mens net na die see, 'n mens swem nie meer nie...
(Na die geweldige brande by Knysna, het ek dikwels gewonder hoeveel van die plekke wat ons besoek het, het die brand vrygespring!)
In my kop reis ek dikwels gou Murraysburg toe of Hartenbos toe - die oorslaapplekkies in Beaufort-Wes, Graaff-Reinett en ander, sit 'n glimlag op my gesig.
En om te dink dat die Septembervakansie 2016 in Knysna, lê sowaar al 'n jaar terug in die verlede...'n heerlike vakansie saam met die kinders en kleinkinders...
Henry het besluit om soveel kleinkinders as wat hy in die hande kan kry, wat weer op hulle beurt verlof kan kry, bymekaar te maak. Ons was 'n heerlike huisvol mense. Henry en Alda, JC, JJ en Janeke. Ongelukkig moes Gizela met 'n groep kinders gaan kamp. Gelukkig was sy die vorige jaar saam.
In Knysna is ek bederf met 'n bootvaart op die rivier, rondry tussen al die geskiedkundige plekkies, 'n inloer by die ou kerkies en heerlike braaie waarvoor JC en JJ verantwoordelik was.
Op my ouderdom kyk 'n mens net na die see, 'n mens swem nie meer nie...
(Na die geweldige brande by Knysna, het ek dikwels gewonder hoeveel van die plekke wat ons besoek het, het die brand vrygespring!)
Sunday, 30 July 2017
'n Jack Russell se gehoorsaamheidsvlakke...
Ek is geen kenner van Jack Russells nie, maar dat hulle 'n hond met 'n persoonlikheid is, is nie te betwyfel nie. Niknaks was die wilde een wat vir geen duiwel gestuit het nie en orals geklim het om te kom waar sy wou wees.
Murphy is meer bedaard, is lief vir eet, veral vrugte... en op 'n manier hou sy daarvan om 'n mens te plesier. Sy kom darem as 'n mens haar roep... Altyd? Soms?
Murphy se groot bederf is om jogurt met 'n teelepeltjie uit 'n bakkie te eet!! Maar ai, die stukkie bederf is omtrent beperk tot verjaardae, Vadersdae en Kersfeeste...
Murphy is meer bedaard, is lief vir eet, veral vrugte... en op 'n manier hou sy daarvan om 'n mens te plesier. Sy kom darem as 'n mens haar roep... Altyd? Soms?
Murphy se groot bederf is om jogurt met 'n teelepeltjie uit 'n bakkie te eet!! Maar ai, die stukkie bederf is omtrent beperk tot verjaardae, Vadersdae en Kersfeeste...
Monday, 3 July 2017
Friday, 16 June 2017
Monday, 5 June 2017
Friday, 2 June 2017
Twee wiele vir my oudag...?
![]() |
| My en Jane se eerste karretjie was so 'n rooi kewertjie... 'n Regte reënkewer - maar later meer daaroor! |
Saturday, 13 May 2017
Nie 'n banghaar op my kop nie!!
![]() |
So twee weke terug laat ek my hare sny
en ten spyte van my min hare (ek sit
ook deesdae in die "vinnige stoel",
kos dit R80,00 (o ja - dis pensionarisprys!!)
Nou wonder ek maar net, wat betaal die
manne in die ander stoel?
|
Saturday, 11 February 2017
Bloemfontein...
![]() |
| Hulle bedien 'n heerlike Engelse of kontinentale ontbyt in die eetkamer. Verder is hulle baie bekend vir hulle varsgebakte muffins en croissants. |
Subscribe to:
Posts (Atom)


























