Sunday 31 December 2017

Ek spreek seën oor jou uit:

#  Ek seën jou met die vreugde van guns in God se oë en ook in die oë van ander.
#  Ek seën jou met mense wat om jou inskuif en jou hande oplig en 'n pad saam met jou begin stap.
#  Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal           deel.
#  Ek seën jou met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde.
#  Ek seën jou met God se wysheid in elke besluit van jou lewe.
#  Ek seën jou met God se leiding, Sy guns en Sy genade oor jou.
#  Ek seën jou talente, jou gawes en jou verhoudings.
#  Ek seën jou finansies, jou besigheid en jou denke.
#  Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam.
#  Ek seën jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.
#  Ek seën jou gesin, familie en jou drome.
#  Ek seën jou om jou ware identiteit te vind in Christus.
#  Ek seën jou met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom           liewer kan maak vir jou nie, ook nie minder nie.
#  Ek seën jou om daagliks Sy voorsiening te beleef, Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe.
#  Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God     nie.

"Die Here sal jou seën en jou behoed;
 Die Here sal Sy aangesig oor jou laat skyn en jou  genadig wees;
 Die Here sal Sy aangesig oor
 jou verhef en aan jou vrede gee"

Geseënd is jy, geliefde van God! Geseënde 2018!!

Ontvang die seën in die Naam van Jesus Christus!

[Ek deel graag hierdie seënwense wat ek vanoggend van my niggie, Ella Goosen, ontvang het, met almal wat hierdie blog besoek!]