Friday, 20 January 2017

Bure in die baie vroeë jare 60...

Beriggie wat in Netwerk24 verskyn het.

Kobie Linde, ’n predikant, skrywer van verskeie geestelike boeke en eggenoot van die skrywer Engela van Rooyen, is Maandag in die Moot-hospitaal in Pretoria aan nierversaking dood.
Hy was ’n jaar lank in ’n versorgingseenheid aangesien hy ook aan demensie en diabetes gely het.
Linde is in 1935 gebore en het teologie aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer waar hy Van Rooyen ontmoet het. Hy was jare lank ’n kapelaan in Potchefstroom.
Sy meer as tien boeke het van 1992 tot 2004 verskyn en sluit in Goed begin, Padlangs na God, Superwenners, Uitroeptekens vir God, Die God wat omgee: Bybelse dagboek en Die volgende tree: ’n Dagreis deur Handelinge.
Van Rooyen sê in ’n e-pos “ons hou nie begrafnis of ’n gedenkdiens nie, gaan net die naweek saam as gesin saam met ma en kinders kuier en eet. Dit was vir my ’n groot bevryding om te besef dat begrafnis nie nodig is nie.
Wanneer ons oor ’n paar weke sy as bêre in die gedenkmuur by die kerk, sal ons weer almal teenwoordig probeer wees, tesame met ons dominee.”
Linde laat sy vrou, vier kinders en kleinkinders agter.

[20 Januarie 2017 14:25]
[http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skrywer-predikant-dood-aan-nierversaking-20170120]

Friday, 13 January 2017

Kennisgewing van registrasie as kieser


Op 11 Februarie 1953 is ek as kieser geregistreer. Ek is egter
op die supplementêre lys geplaas wat die 1ste Mei 1953 in
werking tree. Wat my na al die jare opval, is die besondere
netjiese manier waarop hierdie poskaart ingevul is. Op daardie
stadium het ek in die Stasie Hotel gebly - dit was bekostigbaar
om in 'n hotel te bly, as jy nie ander losies gehad het nie! 

Nog skoenboksjuweeltjies!

Monday, 2 January 2017

De Aar Hoërskool se personeel: 1950

Ek het De Aar Hoërskool se jaarblad ontdek. Heerlike ou
herinneringe van onnies, hulle byname en hulle maniertjies.

Sunday, 1 January 2017

'n Nuwejaarsvonds!











Pa Schalk Pienaar, met die uwe Schalk Junior op sy arm. 
Op die foto regs is ek afgeneem na my ma se dood!



























'n Heerlike verrassing om so op die nuwe jaar 'n "Welfaart-telegramme" in die garage raak te loop, gedateer 12/12/50 in my pa se eie handskrif, 365 dae van gesondheid, rykdom en geluk is onbeperk aan my uitgemaak, van die Nasionale Voorspoedbank.
Dit is voorwaar 'n groot present vir 2017!!

Wense vir 2017...


Sunday, 20 November 2016

Die gevolge van gemak?

Deesdae is mense baie meer onbetrokke. Uitreik moet altyd deur een of ander aksie of projek gebeur. Baie belangrik is deesdae om alles op kamera vas te lê en dan die foto's die wêreld in te stuur.

Hierdie prentjie is ironies die waarheid... Miskien het dit tyd geword dat ons die mens voor die lens raaksien en nie deur die lens nie!

Saturday, 19 November 2016

In my leeftyd...

Ek het sommer 'n paar geslagte fone beleef, van die handsentrales tot by die selfoon wat jy in jou hempsak dra. Ek wonder hoe die volgende generasie fone gaan lyk?

Thursday, 10 November 2016

Sunday, 30 October 2016

Sunday, 16 October 2016

Van Knysna na Kimberley...

Dit is presies waarmee ek nou besig is!!!







Friday, 9 September 2016

Wednesday, 31 August 2016

Die berigte teen my kantoormuur...

In Afrikaans word gesê dat mure ore het, maar die mure in
my kantoor, vertel die geskiedenis oor baie jare heen! Hier is 
een van die rame teen die muur...

Sunday, 28 August 2016

telefoonboekie

tussen die lyne ingeskryf
is my ma se geskiedenis:
vriende van nou en toe
bloedfamilie halffamilie hartfamilie
soms dwarsweg en onalfabeties ingepas
waar daar 'n hoek of spasie was

deurgetrek, oorgeskryf en uitgebrei
met elke geboorte, sterfte, huwelik of vertrek
het sy aankomelinge, weggegaandes en nuutgevondes
sekuur aangeteken en voorsien
van datum, tyd en plek

ek lees my ma se lewe
uit die boekie, tannie soekie tannie minnie
tannie bettie tannie naomi bel ek
vryburg welkom
kimberley de aar
om hulle te verwittig
van haar laaste vertrek


Uit: "In die afwesigheid van sin", deur Susan Smith. Beskikbaar by Protea Boekhuis.

[Hierdie gedig laat my dink aan my vrou se telefoonboekie wat 'n storie van sy eie vertel...]

Thursday, 25 August 2016

Wednesday, 24 August 2016

New design...?

Ek moes vir my 'n nuwe foon kry,
myne se battery het moeilikheid
gegee...!!

Thursday, 18 August 2016

Ons troukaartjie... 60 jaar terug!

Die woorde is al dof, maar darem nog leesbaar!  

Monday, 15 August 2016

Sunday, 14 August 2016

Berig in die Noord-Kaapland eNuus...

Ek haal so af en toe die koerant, maar dis bloot
my ouderdom wat daarvoor sorg...

Tuesday, 9 August 2016

Foto's van my afskeidsfunksie!


Henry en Alda, ek, Ronell en Jaco