
Haar aandag word maklik afgelei en sy skakel dikwels en
maklik van die een aktiwiteit na die ander oor. Sy vind dit moeilik om op een
ding te konsentreer. Rondhardloop is een van haar gunsteling aktiwiteite. 'n
Ander gunsteling is eet ... maar net snoepgoed ... kos is van minder belang. En
as sy die dag ongelukkig is oor my optrede, dan eet sy nie eers die lekkernye
wat ek so goedgunstiglik met haar deel nie. Ek moet regtig mooipraat om weer in
haar goeie boekies te kom. Een van die dinge wat haar regtig vies maak, is as
ek dorp toe gaan en ek maak haar in die agterste deel van die werf toe ... Sy
kan voorwaar 'n keel opsit!! En op hierdie manier verkondig sy dit aan die bure
dat ek nie daar is nie!
Verder sukkel sy om opdragte uit te voer, eintlik is sy ongehoorsaam,
maar ongelooflik nuuskierig. Sy weet wat by die bure aangaan, oorkant die
pad en in die straat ...
Maar is dit nie maar tipies van 'n Jack Russel nie??
Maar is dit nie maar tipies van 'n Jack Russel nie??