Ma, wanneer lewens onteenseglik aanmekaar toegewy word, deur die huwelik, geboorte of die liefde, ontstaan onwillekeurig herinneringe wat ons vir ewig met ons saamdra! In die proses van die lewe, beïnvloed ons mekaar, hanteer ons mekaar, maak merke in mekaar se lewe totdat ons, soos gladde spoelklippe knus in mekaar se lewens lê, en die luuksheid van mos ons oortrek om mekaar te ken en die gemaklikheid van lief wees vir mekaar, ons bind. Wanneer een van die klippe verwyder word, los dit weereens 'n merk en 'n leemte wat nie gevul kan word nie, maar die luuksheid van die mos van die Liefde gun ons dit om die leemte op te vul met die sagtheid van: om te onthou!
Ma Jane, in alles het jy die beste van jouself aan ons gegee. Die voorbeeld gestel, om op 'n eenvoudige manier, groot verskil in die lewens van mense te maak en deur dit alles om ook self mens te bly. Deur dit alles was sy: Eggenoot vir my, 'n moeder vir ons, 'n ouma vir die kleinkinders, 'n suster, 'n niggie, 'n tannie en 'n vriendin duisend.
In elke amp het sy haar waardigheid bevestig, en haar waarde daarin oorskry, ver bo dié van korale. (Spr. 31:10)
Die luuksheid van lief wees vir jou en om jou te onthou sal vir altyd vasgelê wees in ons harte, solank as tyd ons toelaat!
"Haar hoop en verwagting is vervul in Jesus se Genade en Liefde
toe Hy haar geroep het om by Hom te wees."
Gebore: 08 Februarie 1929
Oorlede: 12 Junie 2011Herdenkingsdiens: 16 Junie 2011 om 11:00 vanuit die NG Gemeente Dutoitspan. Diens waargeneem deur ds. J van Wyk